Moraea versicolor
plantspesie
Moraea versicolor is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos en renosterveld is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Tulbagh tot by die Kaapse Skiereiland en Houwhoek voor. Die plant word 2–5 cm groot en blom van Augustus tot September, die blomme is pienk tot perskleurig, soms met 'n geel middel.
Moraea versicolor | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. versicolor
|
Binomiale naam | |
Moraea versicolor (Salisb. ex Klatt) Goldblatt, (1998)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant het 80% van sy habitat afgestaan aan stedelike ontwikkeling en gewasverbouing. Indringerplante is ook 'n bedreiging.
Bronne
wysig- SANBI rooilys
- Plants of the world online
- John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018, bl. 102, ISBN 978 1 77584 590 4