Soekmekaar

nedersetting in Limpopo, Suid-Afrika
(Aangestuur vanaf Morebeng)

Soekmekaar (of Morebeng) is 'n dorp geleë in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika, noordwes van Tzaneen. Die dorp is in 1916 gestig.[2]

Soekmekaar

Morebeng
Soekmekaar is in Limpopo
Soekmekaar
Soekmekaar
 Soekmekaar se ligging in Limpopo
Koördinate: 23°29′44″S 29°55′45″O / 23.49556°S 29.92917°O / -23.49556; 29.92917
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieLimpopo
DistrikCapricorn
MunisipaliteitMolemole
Stigting1916
Oppervlak
 • Totaal53,31 km2 (20,58 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal2 371
 • Digtheid44/km2 (110/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense2.7%
 • Indiërs/Asiërs0.2%
 • Swart mense96.5%
 • Ander0.5%
Taal (2011)
 • Noord-Sotho73.4%
 • Venda8.0%
 • Tsonga6.9%
 • Afrikaans3.1%
 • Ander8.6%
Skakelkode015

Volgens die 2011-sensus het dié klein dorp en omliggende dele 'n bevolking van 2 371 gehad, waarvan 2 289 (96.5%) Swartes was.[1]

Volgens oorlewering is die ou (Afrikaanse) naam afgelei van die insident toe die twee landmeters gedurende mistige weer van mekaar afgedwaal het, en na mekaar moes soek.[2]

Selati-takspoorlyn

wysig

Soekmekaar is suidwaarts per takspoorlyn verbind aan Kaapmuiden, via Modjadjiskloof, Tzaneen en Gravelotte al langs die Krugerwildtuin se wesgrens.[3]

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Hoofplek Soekmekaar". Sensus 2011.
  2. 2,0 2,1 Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 (bladsy 468).
  3. (en) Artefacts - Selati Line, Skukuza District, Mpumalanga (URL besoek op 25 Februarie 2016)