NGC 17

(Aangestuur vanaf NGC 34)

NGC 17 is ’n spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Walvis. Dit het ontstaan uit die samesmelting van twee staafstelsels, wat ’n onlangse steruitbarsting in die sentrale dele laat ontstaan het. Stervorming vind steeds plaas. Die sterrestelsel is steeds gasryk en het ’n enkele kern. Dit is sowat 250 miljoen ligjare van die Aarde af.

NGC 17
’n Hubble-foto van NGC 17.
’n Hubble-foto van NGC 17.
Soort stelsel Spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Walvis
Tipe Sc[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 00h 11m 06.5s[1]
Deklinasie -12° 06′ 26″[1]
Skynmagnitude 15,3[1]
Besonderhede
Skynbare grootte  2′,2 × 0′,8[1]
Rooiverskuiwing  0,019617[1]
Ander name NGC 34, PGC 781
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die stelsel is in 1886 deur die sterrekundige Frank Muller ontdek en op 21 November 1886 deur Lewis Swift waargeneem. Omdat nie besef is dit is dieselfde voorwerp nie, het dit twee inskrywings in die New General Catalogue gekry: NGC 17 en NGC 34.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for NGC 17. Besoek op 7 Desember 2006.

Eksterne skakels

wysig


     NGC 15  •  NGC 16  •  NGC 17  •  NGC 18  •  NGC 19