Messier 4
Messier 4 of M4 (ook bekend as NGC 6121) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Skerpioen. Dit is in 1746 deur Philippe Loys de Chéseaux ontdek en in 1764 deur Charles Messier in sy katalogus opgeneem. Dit was die eerste bolswerm waarvan die individuele sterre ontleed is.
Messier 4 | ||||
Messier 4 soos deur die Hubble-ruimteteleskoop afgeneem. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky) | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Skerpioen | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 16h 23m35,22s | |||
Deklinasie | -26º 31' 32,7" | |||
Skynmagnitude | 7 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 7 200 | |||
Skynbare grootte | 26 boogminute | |||
Ander name | M4, NGC 6121 | |||
|
M4 kan in selfs die kleinste teleskope gesien word as ’n dynserige bol lig. Dis is in die lug omtrent dieselfde grootte as die maan. Dit is een van die maklikste bolswerms om te vind; dit is net 1,3 grade wes van die helder ster Antares geleë. Met ’n teleskoop van gemiddelde grootte sal die individuele sterre onderskei kan word, waarvan die helderste een ’n oënskynlike magnitude van 10,8 het.
Die swerm is sowat 75 ligjare breed en het ’n "balk"-struktuur deur sy kern. Dit het minstens 43 veranderlike sterre. M4 is sowat 7 200 ligjare van die Aarde af en is sowat 12,2 miljard jaar oud.[1]
Foto's wat in 1995 deur die Hubble-ruimteteleskoop geneem is, het witdwerge in die swerm onthul wat van die oudstes in die Melkweg is, sowat 13 miljard jaar. Een van hulle is ’n dubbelster met ’n pulsar-metgesel, PSR B1620-26, asook ’n planeet met ’n massa 2,5 keer dié van Jupiter.
Verwysings
wysig- ↑ Caputo, F.; Castellani, V.; Quarta, M.L. (1985). "Reddening, distance modulus and age of the globular cluster NGC 6121 (M4) from the properties of RR Lyrae variables". Astronomy and Astrophysics. 143 (1): 8–12. Bibcode:1985A&A...143....8C.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|month=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skakels
wysig- M4, SEDS
- M4, Databasis
- Messier 4 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 4.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia