Natriumtiosulfaat
Natiumtiosulfaat is 'n sout van natrium wat die tiosulfaatioon S2O32− bevat. Dit is is 'n higroskopiese stof wat 'n pentahidraat Na2S2O3·5H2O vorm.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Natriumtiosulfaat |
Chemiese formule | Na2S2O3 |
Molêre massa | 158,11 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7772-98-7[1] |
Voorkoms | wit vastestof [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | 595,22pm; 2161,8pm; 754,3pm; β= 103,804 ° [1] |
Ruimtegroep | P21/c |
Nommer | 14 |
Smeltpunt | ontbind ~300 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 1,667 [g/cm3][1] |
Oplosbaarheid | 209 [g/L] @ 20 °C[1] |
Brekingsindeks | 1,498 α, 1,508 (beta)), 1,536 γ |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit is 'n reduseermiddel.
Kristalstuktuur
wysigWatervrye natriumtiosulfaat kristalliseer in 'n monokliniese struktuur. Die tiosulfaatioon het 'n amper tetraëdriese vorm met 'n sentrale swaelatoom. Daar is drie suurstofligande en een swaelligand.
Chemiese eienskappe
wysigNatriumtiosulfaat kan verkry word deur 'n oplossing van natriumsulfiet met swaelpoeier te kook. [2]
Gebruike
wysigJodometrie
wysigNatriumthiosulfaat is 'n belangrike reagens in 'n vorm van titrasie wat jodometrie genoem word. [3]
Medies
wysigEen metode om sianiedvergiftiging te behandel, behels die toediening van 'n kombinasie van natriumtiosulfaat en natriumnitriet. Daar word geglo dat natriumtiosulfaat sy teenmiddel-effek uitoefen deur as 'n swaelskenker te dien, en sodoende die tempo biotransformasie van sianied na tiosianaat verhoog wat deur rhodanese gekataliseer word. [4]
Fotografie
wysigNatriumtiosulfaat is een van die min bekende stowwe wat silwerbromied kan oplos. As sodanig word dit in fotografiese prosedures gebruik. In hierdie proses, bekend as "fiksasie", word die silwerbromied wat in die opname nie aan lig blootgestel is nie in 'n oplossing van natriumtiosulfaat opgelos deur dit te laat reageer tot oplosbare komplekse tiosulfate van silwer en natrium.[5]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 "Sodium thiosulfate". PubChem NIH.
- ↑ Pieter Hendrik Beijer (1945). Driehonderdvijftig scheikundige vraagstukken en honderd qualitatieve vragen.
- ↑ "iodometric titration". USP technologies.
- ↑ "Sodium Thiosulfate - Medical Countermeasures Database". Chemm.
- ↑ "Photographers' Formulary Sodium Thiosulfate (Hypo) Penta (Prismatic Rice)". B&H.