Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie
Die Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie is 'n losse groepering van Christelike kerke. Dit bestaan uit kerkgenootskappe in Suid-Afrika en nege in die buiteland, waarvan agt in Afrika en een in Europa.[1]
Suid-Afrikaanse lede
wysig- Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk)
- Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (NGKA)
- Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK).
- Reformed Church in Africa (RCA)
Buitelandse lede
wysig- Reformed Church in Zimbabwe
- Swaziland Reformed Church
- Church of Central Africa Presbyterian – Nkhoma Synod
- Church of Central Africa Presbyterian – Harare Synod
- Reformed Church in Zambia
- Dutch Reformed Church in Botswana
- Egreja Reformada em Moçambique
- Egreja Reformada Evangélica Portugal
- Reformed Church of East Africa
Die Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie is deel van die Gereformeerde of Protestante vertakking van die Christendom. Die Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie is 'n lid van die Wêreldraad van Kerke.
Belydenisskrifte
wysigDie leer van die NG Kerkfamilie, soos verskeie ander gereformeerde kerke, word uiteengesit in die volgende geskrifte:
Die eerste geloofsbelydenisse
wysig- Apostoliese Geloofsbelydenis (ook genoem die Twaalf Artikels van ons algemene ontwyfelbare Christelike geloof.)
- Geloofsbelydenis van Nicéa, opgestel in die konsilie van Nicéa in 325 n.C.
- Geloofsbelydenis van Athanasius.
Die Gereformeerde belydenisskrifte
wysigDaar was al heelwat bespreking oor die gebruik van die Belydenis van Belhar.
Verwysings
wysig- ↑ (af) Webtuiste van die NGK Geargiveer 6 Oktober 2015 op Wayback Machine. URL besoek op 27 Julie 2016.