Nederlandse Wikipedia
Nederlandse Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Nederlands |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Outeur | Wikipedia-gemeenskap |
Opgerig | 2001 |
Huidige status | Aktief |
URL | nl.wikipedia.org |
Die Nederlandse weergawe van Wikipedia is op 19 Junie 2001 gestig en is sedert April 2022 die sesde grootste weergawe van hierdie aanlynensiklopedie gemeet aan die aantal artikels (tans 2 174 927) wat dit bevat, na die Engelse, Cebuano, Sweedse, Duitse en Franse Wikipedias.[1]
Sterk groei
wysigOp 27 Januarie 2005 verskyn die 50 000ste artikel en nog dieselfde jaar, op 14 Oktober word die mylpaal van 100 000 artikels bereik.[2]
Op 24 Mei 2006 word die 200 000ste artikel gepubliseer en op 26 Desember 2006 word die grens van 250 000 artikels verbygesteek.[3] Die mylpaal van 300 000 artikels word op 29 Mei 2007 bereik.[4] Op 30 November 2008 word die 500 000ste artikel bygevoeg, en op 11 Desember 2011 bereik die Nederlandse Wikipedia die mylpaal van 1 000 000 artikels. In April 2013 steek die Nederlandse Wikipedia ook 1 500 000 artikels verby, nadat die Nederlandssprekendes se Wikipedia 'n maand vroeër groter as die Franse Wikipedia geword het.
Besoeke
wysigUit die hele Wikipedia-projek se soektogte maak die Nederlandse Wikipedia 1,2% uit. Tussen 1 November 2011 en 31 Oktober 2012 word die Nederlandse Wikipedia die meeste besoek deur gebruikers in: [5]
Nederland (70,5%)
België (24,6%)
Duitsland (0,7%)
VSA (0,6%)
Ander (3,6%)
Die Nederlandse Wikipedia word die meeste gelees:
- In Nederland word die Nederlandse Wikipedia 60,2% van die kere besoek, gevolg deur die Engelse Wikipedia (32,7%) en Duitse Wikipedia (1,8%).
- Op die voormalige Nederlandse Antille word die Nederlandse Wikipedia 17,2% van die kere besoek, oorskadu deur die Engelse Wikipedia (69,0%).
- In Aruba word die Nederlandse Wikipedia (13,3%) naas die Engelse Wikipedia (72,8%) besoek.[6]
- In België word die Nederlandse Wikipedia 35,8% van die kere besoek, gevolg deur Frans (33,5%), Engels (24,3%) en Duits (1,6%).
- In Suriname word die Nederlandse Wikipedia (31,9%) ook deur die Engelse Wikipedia (61,4%) oorskadu.
Voorbeeld
wysig'n Voorbeeld van 'n Nederlandse artikel wat maklik deur Afrikaanse gebruikers gelees kan word: nl:Afrikaans.
Aantal artikels op hierdie oomblik
wysig- Aantal artikels soos op 22 Desember 2024.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ meta:List of Wikipedias [1]
- ↑ Wikipedia-NL over de 50.000 Geargiveer 29 September 2007 op Wayback Machine Telegraaf, 30 Januarie 2005.
- ↑ Wikipedia bereikt mijlpaal van 250.000 artikelen Geargiveer 29 September 2007 op Wayback Machine Telegraaf, 28 Desember 2006.
- ↑ Wikipedia bereikt mijlpaal van 300.000 artikelen Algemeen Dagblad, 29 Mei 2007.
- ↑ http://stats.wikimedia.org/wikimedia/squids/SquidReportPageViewsPerLanguageBreakdown.htm
- ↑ [2]
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Nederlandse Wikipedia. |
- (nl) Die tuisblad van die Nederlandse Wikipedia
- (nl) Statistieken Nederlandstalige Wikipedia – statistieke vir die Nederlandse Wikipedia