Neuroptera
Die insekorde Neuroptera, of Gaasvlerkiges, sluit mierleeus en hul verwante in. Die orde bevat sowat 6 000 spesies.[1] Neuroptera kan saam met Megaloptera en Raphidioptera in die superfamilie Neuropterida geklassifiseer word (voorheen bekend as Planipennia). Laasgenoemde sluit die elsvlieg en kameelhalsvlieg in.
Neuroptera | |
---|---|
Chrysopa. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | Neuroptera Linnaeus, 1758
|
Superfamilies | |
| |
Sinonieme | |
|
Beskrywing
wysigVolwasse Neuroptera het vier vliesagtige vlerke wat almal omtrent ewe groot is en baie are bevat. Hulle het kouende monddele en ondergaan algehele metamorfose.
Gaasvlerkiges het tydens die Perm-periode die eerste keer hul verskyning gemaak en het deur die Mesosoïese Era gediversifiseer.[2] In dié tyd het verskeie buitengewoon groot soorte ontstaan, veral in die uitgestorwe familie Kalligrammatidae, wat dikwels die "skoenlappers van die Jura" genoem word vanweë hul groot vlerke met patrone.[3]
Verwysings
wysig- ↑ David Grimaldi & Michael S. Engel (2005). Evolution of the Insects. Cambridge University Press. ISBN 0-521-82149-5.
- ↑ A. G. Ponomarenko; D. E. Shcherbakov (2004). "New lacewings (Neuroptera) from the terminal Permian and basal Triassic of Siberia" (PDF). Paleontological Journal. 38 (S2): S197–S203.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|lastauthoramp=
geïgnoreer (hulp) - ↑ Michael S. Engel (2005). "A remarkable kalligrammatid lacewing from the Upper Jurassic of Kazakhstan (Neuroptera: Kalligrammatidae)". Transactions of the Kansas Academy of Science. 108 (1): 59–62. doi:10.1660/0022-8443(2005)108[0059:ARKLFT]2.0.CO;2.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Neuroptera.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Neuroptera
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia