Ngoako Ramatlhodi

Ngoako Ramatlhodi (gebore 21 Augustus 1955) is 'n senior lid van die African National Congress. Hy was Suid-Afrika se Minister van Staatsdiens en Administrasie van 2015[1][2] tot Maart 2017. In die eerste Zuma-administrasie was hy 'n LP en 'n omstrede lid van die Regterlike Dienskommissie. Hy het in 2017 as LP bedank.[3]

Ngoako Ramatlhodi

Ampstermyn
1 November 2010 – 2017
President Jacob Zuma

Ampstermyn
10 Mei 1994 – 22 April 2004

Adjunkminister van Korrektiewe Dienste
Ampstermyn
1 November 2010 – 25 Mei 2014
President Jacob Zuma

Minister van Minerale hulpbronne
Ampstermyn
25 Mei 2014 – 23 September 2015
President Jacob Zuma

Minister van Staatsdiens en -administrasie
Ampstermyn
23 September 2015 – 31 Maart 2017
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Susan Shabangu
Opgevolg deur Mosebenzi Zwane

Persoonlike besonderhede
Gebore 21 Augustus 1955 (1955-08-21) (69 jaar oud)
Noord-Transvaal
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaner
Politieke party African National Congress

Hy was tot 2015 Minister van Minerale Hulpbronne. Ramatlhodi het in 2017 beweer dat Ben Ngubane, die Eskom-voorsitter, en Brian Molefe, uitvoerende hoof, versoek het dat hy Glencor se mynlisensies beëindig in 'n oënskynlike slenter om die verkoop van sy Optimum-steenkoolmyn aan die Guptafamilie te vergemaklik.[4][5] Hy is in sy daaropvolgende ministerspos aangewys nadat hy glo nie daaraan gehoor gegee het nie.

Hy is in die kabinetskommeling van Maart 2017 afgedank, na bewering sonder dat redes verskaf is.[6] Sy pos is ingeneem deur 'n bekende Zuma-bondgenoot, die destydse Vrystaatse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Mosebenzi Zwane. In dieselfde skommeling is Pravin Gordhan, minister van finansies, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, ook vervang.

Verwysings

wysig
  1. "Who's Who SA: Ngoako Ramatlhodi". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2017.
  2. "Biographical Notes: Minister Ngoako Ramatlhodi". Department of Mineral Resources. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2018. Besoek op 17 Julie 2022.
  3. "Former mining minister says Brian Molefe helped Guptas 'capture' Optimum coal mine". Mail & Guardian. 16 Mei 2017. Besoek op 24 Augustus 2017.
  4. "Former mining minister says Brian Molefe helped Guptas 'capture' Optimum coal mine". Mail & Guardian. 16 Mei 2017. Besoek op 24 Augustus 2017.
  5. "Brian Molefe helped the Guptas 'hijack a mine', says Ngoako Ramatlhodi". BusinessDay. 16 Mei 2017. Besoek op 26 Augustus 2017.
  6. Citizen reporter (31 Maart 2017). "I'm relieved to be out of Zuma's Cabinet, says Ngoako Ramatlhodi". The Citizen. Besoek op 24 Augustus 2017.

Eksterne skakels

wysig