Nicholas Aylward Vigors
Nicholas Aylward Vigors (1785 - 26 Oktober 1840) was 'n Ierse dierkundige en politikus.[1]
Nicholas Aylward Vigors | |
Lid van die Britse Parlement
| |
Ampstermyn 1832 – 1840 | |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | 1785 County Carlow, Ierland |
Sterf | 26 Oktober 1840 Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse Weermag |
Oorloë/Veldslae | Napoleontiese Oorloë |
In 1826 was hy 'n stigterslid van die Royal Zoological Society in Londen en hy was dié vereniging se eerste sekretaris tot 1833.[2] Gedurende sy loopbaan het hy ongeveer veertig artikels oor ornitologiese onderwerpe gepubliseer, 'n ongewone nastrewing wat heelwat bespotting van sy politieke teenstanders uitgelok het. Hy was ook 'n lid van die Royal Irish Academy.[1]
Vigors was 'n lid van die parlement van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland vanaf 1832 tot en met sy dood in 1840.[1]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 "Rootsweb: Nicholas Aylward Vigors M.P. 1786–1840 by Brother P. J, Kavanagh, M,A" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2018. Besoek op 28 April 2016.
- ↑ "The Zoological Society of London : a sketch of its foundation and development, and the story of its farm, museum, gardens, menagerie and library by Scherren, Henry (1905)". Besoek op 28 April 2016.