National Independent Civic Organisation
(Aangestuur vanaf Nico)
Nico, wat staan vir die National Independent Civic Organisation, is 'n politieke party wat op 7 Julie 2008 by die Onafhanklike Verkiesingskommissie as politieke party geregistreer is en sy amptelike beleid op 13 September 2008 in Athlone, Kaapstad, bekend gestel het.
Die party beywer hom vir die regte van alle rasse en wil die oorheersing deur een rassegroep in die land teenstaan.
Tydens die eerste twee maande van sy bestaan, is takke gestig op Vredenburg, Saldanha, Langebaan, Moorreesburg, in die Overberg, Suid-Kaap en Oos-Kaap.
Nico wil op nasionale sowel as provinsiale vlak aan die verkiesing van 2009 deelneem.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Webwerf van Tempo, voorheen die Swartland & Weskus Herald Geargiveer 6 September 2008 op Wayback Machine
- Tempo, weekblad aan die Weskus van Suid-Afrika, Donderdag, 11 September 2008.