Nico Panagio
(Aangestuur vanaf Nico Panagiotopoulos)
Nico Panagio (gebore Panagiotopoulos, 25 Augustus 1971) is 'n Suid-Afrikaanse akteur en TV-aanbieder. Panagio is veral bekend vir sy rol as George Kyriakis in 7de Laan. Hy het al in 'n paar Afrikaanse rolprente gespeel, onder andere Semi-soet en Vrou Soek Boer.[1] Hy het ook as aanbieder vir programme soos die Suid-Afrikaanse Survivor en Top Billing opgetree. Hy is getroud met Christi Panagio.
Nico Panagio | |
Geboortenaam | Nicolaos Panagiotopoulos |
---|---|
Geboorte | 25 Augustus 1971 Pretoria |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Rolprente | Semi-Soet, Vrou soek boer |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Filmografie
wysig- 7de Laan (TV-reeks), 2000 as George Kyriakis (2001-)
- Zone 14 (TV-reeks), 2005 as Mr. Big
- Ella Blue (TV-minireeks), 2008 as Gabriel 'Bok' Bockelman,
- Semi-soet, 2012 as J.P. Basson
- Konfetti, 2014 as Jean.
- Vrou soek boer, 2014 as Neil[1]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Van Nierop, Leon (7 Maart 2014). "Movie Review: Vrou soek boer". The Citizen. Besoek op 3 Oktober 2020.
Eksterne skakels
wysig- Panagio se amptelike webtuiste Geargiveer 1 Maart 2021 op Wayback Machine
- Nico en Christi Panagio op YouTube