Nikkel-60
Nikkel-60 (Chemiese notasie: 6028Ni) is 'n stabiele isotoop van nikkel. Dit verteenwoordig ruim 'n kwart van die element in sy natuurlike elementsamestelling.
Algemeen | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam | Nikkel-60 | |||||||||||||||
Protone | 28 | |||||||||||||||
Neutrone | 32 | |||||||||||||||
Kernspin | 0+[1] | |||||||||||||||
Massa-oorskot | -64472,1 keV[1] | |||||||||||||||
Status | ||||||||||||||||
Status | stabiel[1] | |||||||||||||||
Relatiewe voorkoms | 26,2231%[1] | |||||||||||||||
Navigasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Lys van isotope | ||||||||||||||||
Portaal Chemie | ||||||||||||||||
Portaal Fisika |
KMR
wysigHierdie nuklied het 'n kernspin I=0 en is nie KMR-aktief nie.
Opgewekte isomere
wysigDie kobalt-60-nuklied verval na nikkel-60, maar aanvanklik ontstaan twee opgewekte toestand hiervan wat verval na die grondtoestand onder emissie van twee harde γ-kwanta.[2]
Isotoopverhoudings
wysigDie studie van isotoopverhouding soos tussen 60Ni en 58Ni is taamlik nuut (sedert omtrent 2009). Daar is dalk sowel biologiese as anorganiese prosesse (soos metanogenese en sulfiedvorming) wat tot massa-afhanklike fraksionering kan lei. In hulle navorsing in die Swartsee het Vance et al. waardes van δ60Ni waargeneem wat wissel van ongeveer 1,00‰ aan die oppervlakte van die waterkolom tot 0,6‰ op 100 meter diepte en 2,0‰ op 2000 meter diepte.[3]
In meteoriete kan ook afwykings van die δ60Ni-waardes waargeneem word, maar dit het 'n ander oorsaak. Nikkel-60 is die vervalproduk van die uitgestorwe oerisotoop yster-60. Hierdie afwykings kan gebruik word om die ouderdom van meteoriete te bepaal. [4]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 The NUBASE evaluation of nuclear and decay properties G. Audi, O. Bersillon, J. Blachot, A.H. Wapstra IUPAC
- ↑ Principles and Applications of Radiological Physics E-Book Martin Vosper, Donald Graham, Paul Cloke Elsevier Health Sciences, 2011, ISBN 0-7020-4614-0, ISBN 978-0-7020-4614-8
- ↑ The oceanic budgets of nickel and zinc isotopes: the importance of sulfidic environments as illustrated by the Black Sea Derek Vance, Susan H. Little, Corey Archer, Vyllinniskii Cameron, Morten B. Andersen, Micha J. A. Rijkenberg, Timothy W. Lyons Philos Trans A Math Phys Eng Sci. 2016 Nov 28; 374(2081): 20150294.
- ↑ Nikkel isotope anomalies in meteorites and the 60Fe-60Ni clock M. Bizzarro, J.-L. Birck, J. Chen, G. Huss, G. Lugmair, S. Mostefaoui, D. Papanastassiou, A. Shukolyukov, G. Quitté, S. Tachibana, M. Wadhwa Workshop on Chornology of Meteorites (2007)