Nikkelhidroksied
Nikkelhidroksied is 'n basis van nikkel met formule Ni(OH)2.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Nikkelhidroksied |
Chemiese formule | Ni(OH)2 |
Molêre massa | 92,708 [g/mol] [1] |
CAS-nommer | 11113-74-9[1] |
Voorkoms | groen poeier[1] |
Fasegedrag | |
Fase | β-Ni(OH)2 |
Selkonstantes | a=311pm; c=462pm[2] |
Ruimtegroep | P3m1 |
Nommer | 164 |
Strukturbericht | C6 |
Fase | α-Ni(OH)2 |
Selkonstantes | ah=307pm; ch=2320pm; γ=120°[2] |
Ruimtegroep | R3m |
Nommer | 166 |
Smeltpunt | 230 °C [1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 4,1 [g/cm3][1] |
Oplosbaarheid | Sleg oplosbaar[1] |
Ksp | 5,48 x 10-16[3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kristalstruktuur
wysigβ-Ni(OH)2 kristalliseer in die gelaagde trigonale kadmiumjodied-struktuur (oftewel die brusiet-stuktuur) wat die C6-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[2]
α-Ni(OH)2 kristalliseer in 'n romboëdriese (trigonale) struktuur met 'n langer c-as wat 'n andere pakmodus besit. Dit is ook 'n gelaagde struktuur met dieselfde rand-delende oktaëdriese lae as β-Ni(OH)2. As gevolg van die relatief swak interaksies tussen die lae, kan spesies tussen die lae geïnterkaleer word, wat lei tot 'n verlenging van die c-as van die eenheidsel. Dit kan ook veroorsaak dat die lae uit belyning gly en lukraak relatief tot mekaar oriënteer. Dit kan lei tot 'n struktuur wat dikwels as turbostraties beskryf word.[2]
Daar is verskeie wanordelike strukture gerapporteer vir gelaagde nikkelhidroksiede insluitend dié met stapelfoute en versteuring van die fase-interstratifikasie.[2]
Chemiese eienskappe
wysigNikkelhidroksied kan as neerslag verkry word deur aan 'n oplossing van nikkelnitraat 'n oplossing van kaliumhidroksied by te voeg. As dit teen hoër temperature uitgevoer word of die neerslag aan langer verouderingstye blootgestel word, word die β-vorm verkry. Laer temperature en korter tye lewer 'n produk wat meer wanorde en 'n slegter kristaliniteit besit. [2]
Die amorfe neerslag bevat baie water en die α-modifikasie kan as 'n hidraat Ni(OH)2·xH2O beskou word met geïnterkaleerde watermolekules wat die afstand tussen die nikkellae vergroot. Die teenwoordigheid van ione soos karbonaat stabiliseer die α-struktuur.[4]
Elektrochemiese oksidasie lei tot die vorming van die bruiswart oksiedhidroksied NiOOH wat nikkel is sy +3 oksidasietoestand bevat:[4]
of, in basiese oplossings:
Die interkalasieprosesse staan toe dat hierdie reaksie binne die vaste nikkelhidroksiedelektrodes plaasvind.[4]
Gebruike
wysigNikkelhidroksied is een van die komponente van die nikkelkadmiumbattery
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "Nickel hydroxide". PubChem NIH.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 Kurt Lawson, Samuel P. Wallbridge , Amy E. Catling, Caroline A. Kirk, Sandra E. Dann (2023). "Determination of layered nickel hydroxide phases in materials disordered by stacking faults and interstratification". J. Mater. Chem. A. 11: 789–799. doi:10.1039/D2TA07655A.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ "Ksp list". solubilityof things.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 Vadym Kovalenko, Valerii Kotok (2024). "NickelHydroxides:Requirements,Targeted Construction and Choice of Characteristics and Industrially Applicable Synthesis for Targeted Use in Electrochemical Devices". ChemistrySelect. 9: e20230330.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)