Ninoy Aquino Internasionale Lughawe
Ninoy Aquino Internasionale Lughawe (NAIA) (IATA: MNL – ICAO: RPLL) oorspronklik bekend as Manila Internasionale Lughawe, is die belangrikste internasionale lughawe wat die Manila-metropolitaanse gebied in die Filippyne bedien. Geleë tussen die stede Pasay en Parañaque, 7 km suid van Manila en suidwes van Makati, is dit die hoofpoort vir reisigers na die Filippyne en dien as 'n spilpunt vir lugrederye soos AirSWIFT, Cebgo, Cebu Pacific, PAL Express en Philippine Airlines.
Ninoy Aquino Int. Lughawe Paliparang Pandaigdig ng Ninoy Aquino | |||
---|---|---|---|
Lugfoto in Januarie 2023 | |||
IATA: MNL – ICAO: RPLL | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar / Militêr | ||
Eienaar/Operateur | Manila International Airport Authority | ||
Bedien | Groter Manila-gebied | ||
Ligging | Parañaque en Pasay, Metro Manila, Filippyne | ||
Geopen | 1948 | ||
Spil vir | |||
Fokuspunt vir | Philippines AirAsia | ||
Tydsone | PHT (UTC+08:00) | ||
Hoogte bo seevlak | 23 m / 75 vt | ||
Koördinate | 14°30′30″N 121°01′11″E / 14.50833°N 121.01972°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
06/24 | 3,737 | 12,260 | Asfalt/beton |
13/31 | 2,258 | 7,408 | Asfalt/beton |
Statistieke (2022) | |||
Passasiers | 30,961,467 61.76% | ||
Lugbewegings | 246,724 50.92% | ||
Vrag (in ton) | 402,732.26 31.55% | ||
Bron: Manila International Airport Authority[1] |
Dit is vernoem na die voormalige Filippynse senator Benigno "Ninoy" Aquino Jr., wat op 21 Augustus 1983 by die lughawe vermoor is. NAIA word bestuur deur die Manila Internasionale Lughawe-owerheid (MIAA), 'n agentskap van die Departement van Vervoer (DOTr).[2]
Statistiek
wysigData van Airports Council International[3] en die Manila International Airport Authority.[4][5]
Jaar | Passasiers | % verskil | Lugbewegings | % verskil | Vrag (ton) | % verskil |
---|---|---|---|---|---|---|
2009 | 24,108,825 | 8.3 | 186,966 | 348,994.25 | ||
2010 | 27,119,899 | 12.5 | 200,107 | 7.03 | 425,382.71 | 21.89 |
2011 | 29,552,264 | 9.0 | 217,743 | 8.81 | 410,377.05 | 3.53 |
2012 | 31,878,935 | 7.9 | 235,517 | 8.16 | 460,135.15 | 12.12 |
2013 | 32,865,000 | 3.1 | 237,050 | 0.65 | 457,077.17[6] | 0.66 |
2014 | 34,015,169 | 3.5 | 236,441 | 0.26 | 520,402.63 | 13.85 |
2015 | 36,681,601 | 7.84 | 249,288 | 5.43 | 586,890.53 | 12.78 |
2016 | 39,516,782 | 7.73 | 258,313 | 3.62 | 630,165.69 | 7.37 |
2017 | 42,022,484 | 6.34 | 258,366 | 0.02 | 662,256.99 | 5.09 |
2018 | 45,082,544 | 7.28 | 259,698 | 0.52 | 738,697.94 | 11.54 |
2019 | 47,898,046 | 6.25 | 277,530 | 6.87 | 721,708.09 | 2.30 |
2020 | 11,145,614 | 76.73 | 91,067 | 67.19 | 533,955.78 | 26.01 |
2021 | 8,015,385 | 28.09 | 121,095 | 24.8 | 588,370.92 | 10.19 |
2022 | 30,961,467 | 61.76 | 246,724 | 50.92 | 402,732.26 | 31.55 |
Galery
wysig-
Terminaaltoring van die ou Nielson Field.
-
Nichols Field aanloopbaan, met Manila in die agtergrond, foto voor 1941 geneem.
-
'n Airbus A320-200 van PAL Express by 'n onderhoudsloods van Lufthansa Technik Philippines
-
Cebu Pacific en Air Asia vliegtuie
Verwysings
wysig- ↑ "Ninoy Aquino International Airport Passenger and Flight Statistics from 2014 to 2022" (PDF). Manila International Airport Authority. 25 Januarie 2023. Besoek op 7 Maart 2023.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ "Creating the Manila International Airport Authority, Transferring Existing Assets of the Manila International Airport to the Authority, and Vesting the Authority with Power to Administer and Operate the Manila International Airport". Official Gazette of the Republic of the Philippines. Republic of the Philippines. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2021. Besoek op 24 Oktober 2013.
- ↑ Airport Council International Geargiveer 3 Januarie 2009 op Wayback Machine
- ↑ "Cargo" (PDF). 10 Augustus 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Augustus 2014.
- ↑ "Ninoy Aquino International Airport Cargo Statistics from 2014 to 2022" (PDF). Manila International Airport Authority. 15 Augustus 2022. Besoek op 26 Augustus 2022.
- ↑ Annual Report 2013 (Report). p. 10. https://www.miaa.gov.ph/images/stories/TransparencySeal2019/II/MIAA-AR-2013.pdf. Besoek op October 18, 2022.