Northam
Northam is 'n dorpie in die Limpopo provinsie, Suid-Afrika. Die dorpie is 54 km[2] suid van Thabazimbi. Die spoorlyn vanaf Thabazimbi na Rustenburg gaan deur die dorp.
Northam | |
---|---|
Koördinate: 24°57′S 27°16′O / 24.950°S 27.267°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Waterberg |
Munisipaliteit | Thabazimbi |
Stigting | 1946 |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike Munisipaliteit |
• Raadslid | Two days Molefe (ANC) |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,54 km2 (1,37 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 381 |
• Digtheid | 673/km2 (1 740/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 12.6% |
• Indiërs/Asiërs | 1.1% |
• Bruin mense | 2.1% |
• Swart mense | 83.5% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 42.2% |
• Afrikaans | 14.7% |
• Engels | 8.1% |
• Noord-Sotho | 6.8% |
• Ander | 28.2% |
Poskode (strate) | 0360 |
Poskode (posbusse) | 0360 |
Skakelkode | 014 |
Geskiedenis
wysigDie dorpie is deur EHJ Fulls op die plaas Leeukoppie uigelê en in 1946 geproklameer. Hierdie plaas en ander het behoort aan H Herd wat dit van Britse soldate gekoop aan wie dit toegeken was na die Tweede Vryheidsoorlog. Herd is toegelaat om die dorp se naam te kies en sy keuse het geval op Northam in Devonshire, Engeland.
Omgewing
wysigDaar is beduidende chroom en platinumneerslae in die omgewing. Die Oppikoppi musiekfees vind jaarliks in die omgewing plaas.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 Subplek Northam tydens die 2011-sensus.
- ↑ "Travel distances". saexplorer. Besoek op 22 Julie 2015.