Novak Djokovic

tennisspeler
(Aangestuur vanaf Novak Đoković)

Novak Djokovic, soms ook Đoković gespel (Serwies: Новак Ђоковић, [nôʋaːk d͡ʑôːkoʋit͡ɕ], ; gebore 22 Mei 1987 in Belgrado), is 'n professionele Serwiese tennisspeler. Tot op hede het hy 98 enkelspel-toernooie gewen asook een dubbelspeltoernooi. Hy hou tans die rekord vir die meeste Grand Slam-titels (24) en ook die rekord vir die meeste Australiese Ope-titels (tien). Sy beroemdste oorwinnings was die Australiese Ope in 2008, 2011, 2012, 2013, 2015, 2016, 2019, 2020, 2021 en 2023, Wimbledon in 2011, 2014, 2015, 2018, 2019, 2021 en 2022, die VSA-Ope in 2011, 2015, 2018 en 2023 asook die Franse Ope in 2016, 2021 en 2023.

Novak Djokovic
Novak Djokovic tydens die Wimbledon-kampioenskap 2019
Volle naam Новак Ђоковић
Novak Đoković
Land Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië (2001–2003)[1]
Vlag van Serwië en Montenegro Serwië en Montenegro (2003–2006)[2][3]
Vlag van Serwië Serwië (2006–hede)
Woonplek Belgrado, Serwië
Monte Carlo, Monaco[4]
Geboortedatum 22 Mei 1987 (1987-05-22) (37 jaar oud) [4]
Geboorteplek Belgrado, Joego-Slawië[4]
Lengte 1,88 m[4][5]
Gewig 77 kg[4]
Afrigter [4]
Begin professioneel 2003[4]
Spelstyl Regshandig (tweehandige handrughou)[4]
Loopbaan-wengeld $184 480 269 (soos op 9 September 2024)[4] (1ste van alle tye)[6]
Amptelike webblad novakdjokovic.com
Enkelspel
Loopbaanrekord 1118–221 (83,5%)[4]
Loopbaantitels 99[4] (3de van die Ope-era)
Hoogste rang No. 1 (4 Julie 2011)[4]
Huidige rang No. 4 (9 September 2024)[4]
Grand Slam-uitslae
Australiese Ope W (2008, 2011, 2012, 2013, 2015, 2016, 2019, 2020, 2021, 2023)
Junior HE (2004)
Franse Ope W (2016, 2021, 2023)
Junior 1R (2003)
Wimbledon W (2011, 2014, 2015, 2018, 2019, 2021, 2022)
VSA-Ope W (2011, 2015, 2018, 2023)
Groot toernooie
Toereindronde W (2008, 2012, 2013, 2014, 2015, 2022, 2023)
Olimpiese Spele Goue medalje (2024)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 63–80 (44,1%)[4]
Loopbaantitels 1[4]
Hoogste rang No. 114 (30 November 2009)[4]
Huidige rang No. – (9 September 2024)[4]
Australiese Ope 1R (2006, 2007)
Franse Ope 1R (2006)
Wimbledon 2R (2006)
VSA-Ope 1R (2006)
Groot dubbelspeltoernooie
Olimpiese Spele 2R (2016)
Laaste opgedateer op: 9 September 2024.

Djokovic is die eerste en enigste man in tennisgeskiedenis wat gelyktydig die heersende kampioen van die vier Grand Slam-toernooie op drie verskillende oppervlaktes was. Hy is die enigste man wat 'n niekalenderjaar Grand Slam in die Ope Era behaal het en die eerste een om 'n dubbelloopbaan Grand Slam te behaal. Hy is ook die enigste speler wat die Career Golden Masters op die ATP-toer voltooi het, waarin hy twee keer geslaag het. In 2023 het hy die eerste man in die geskiedenis geword wat tien Australiese Ope-enkeltitels ingepalm het.[7][8]

Grand Slam-rekord

wysig
 
Djokovic nadat hy die Franse Ope in 2016 gewen het
 
Djokovic word in die Serwiese hoofstad Belgrado verwelkom nadat hy die Australiese Ope in 2008 gewen het

Die tabel toon Djokovic se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope
2005 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 3
2006 Rondte 1 Kwarteindstryd Rondte 4 Rondte 3
2007 Rondte 4 Halfeindstryd Halfeindstryd Eindstryd
2008 Wenner Halfeindstryd Rondte 2 Halfeindstryd
2009 Kwarteindstryd Rondte 3 Kwarteindstryd Halfeindstryd
2010 Kwarteindstryd Kwarteindstryd Halfeindstryd Eindstryd
2011 Wenner Halfeindstryd Wenner Wenner
2012 Wenner Eindstryd Halfeindstryd Eindstryd
2013 Wenner Halfeindstryd Eindstryd Eindstryd
2014 Kwarteindstryd Eindstryd Wenner Halfeindstryd
2015 Wenner Eindstryd Wenner Wenner
2016 Wenner Wenner Rondte 3 Eindstryd
2017 Rondte 2 Kwarteindstryd Kwarteindstryd Beseer
2018 Rondte 4 Kwarteindstryd Wenner Wenner
2019 Wenner Halfeindstryd Wenner Rondte 4
2020 Wenner Eindstryd Toernooi nie gehou nie Rondte 4
2021 Wenner Wenner Wenner Eindstryd
2022 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Wenner Nie deelgeneem nie
2023 Wenner Wenner Eindstryd Wenner
2024 Halfeindstryd Kwarteindstryd Eindstryd Rondte 3

Verwysings

wysig
  1. (en) "Juniors – Boys Winners". ITF. 30 Junie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2018. Besoek op 10 Mei 2011.
  2. (en) "Serbia & Montenegro davis Cup team". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2016. Besoek op 12 September 2016.
  3. (en) "2006 Paris Masters SCG for Djokovic". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2018. Besoek op 28 Januarie 2019.
  4. 4,00 4,01 4,02 4,03 4,04 4,05 4,06 4,07 4,08 4,09 4,10 4,11 4,12 4,13 4,14 4,15 4,16 (en) "Player profile – Novak Đoković". ATP World Tour. Besoek op 9 September 2024.
  5. (en) "DJOKOVIC, Novak". novakdjokovic.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 10 Junie 2019.
  6. (en) "Career Prize Money" (PDF). Pro Tennis Live. 9 September 2024. Besoek op 9 September 2024.
  7. (en) "Nine To Shine: Djokovic Claims Historic Cincy Crown". ATP. 19 Augustus 2018. Besoek op 9 September 2024.
  8. (en) "Djokovic Extends 'Big Titles' Lead With Rome Victory". ATP. 15 Mei 2022. Besoek op 9 September 2024.

Eksterne skakels

wysig