Oeigoers
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Oeigoere.
Oeigoers (ئۇيغۇرچە, Uyghurche, Уйғурчә, [ʊjʁʊrˈtʃɛ] of ئۇيغۇر تىلى, Uyghur tili, Уйғур тили, [ʊjˈʁʊr tili]) is 'n Turkiese taal wat deur sowat 10,4 miljoen mense in Kasakstan en die Volksrepubliek China gepraat word. Dit is die amptelike taal van die outonome gewes Xinjiang in die Volksrepubliek China en word veral deur Oeigoere gepraat. Daarbenewens word Oeigoers deur ander etniese groepe in Xinjiang as lingua franca gebruik. Oeigoers is verwant aan Oesbekies, die mees verspreide taal in Sentraal-Asië. Dit is die vyfde mees gesproke Turkiese taal naas Turks, Azerbeidjans, Oesbekies en Kasaks.
Oeigoers ئۇيغۇرچە / ئۇيغۇر تىلى | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ʊjʁʊrˈtʃɛ], [ʊjˈʁʊr tili] | |
Gepraat in: | Volksrepubliek China Kasakstan | |
Gebied: | Sentraal-Asië | |
Totale sprekers: | 10,4 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Altaïes Turkies Oeigoers Wes-Oeigoers Oeigoers | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet Latynse alfabet Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Xinjiang (Volksrepubliek China)[2] | |
Gereguleer deur: | Werkkomitee van etniese taal en skryf van die Xinjiang Oeigoer Outonome Gebied | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ug
| |
ISO 639-2: | uig
| |
ISO 639-3: | uig
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Oeigoers is die enigste amptelik erkende taal binne die Volksrepubliek China wat met 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet geskryf word. Soms word nog die Latynse en die Cyrilliese alfabette gebruik, veral deur Oeigoere in die lande van Sentraal-Asië en die diaspora in Westerse lande.
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Uyghur" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 25 Januarie 2019.
- ↑ "China" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 18 April 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oeigoers.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Oeigoers.
- (en) "Uighur language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Januarie 2019.