Ohrigstad
Ohrigstad is 'n klein dorpie 45 km noord van Lydenburg in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika.
Ohrigstad | |
---|---|
'n Historiese toegangsbord tot Ohrigstad | |
Koördinate: 24°45′0″S 30°34′0″O / 24.75000°S 30.56667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Sekhukhune |
Munisipaliteit | Fetakgomo Tubatse |
Stigting | 1845[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 99,24 km2 (38,32 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 521 |
• Digtheid | 5/km2 (10/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 48.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 0.2% |
• Swart mense | 48.6% |
• Ander | 2.1% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 45.1% |
• Noord-Sotho | 35.7% |
• Engels | 6.5% |
• Tsonga | 4.6% |
• Ander | 8.1% |
Poskode (strate) | 1122 |
Skakelkode | 013 |
Webwerf | http://www.ohrigstad.net/ |
Geskiedenis
wysigOhrigstad is oorspronklik in 1845 deur 'n groep Voortrekkers onder die leierskap van Andries Hendrik Potgieter gestig en dra die naam van 'n Nederlandse weldoener, Georgius Ohrig, wat met die stigting behulpsaam was. Nadat malaria 'n aantal slagoffers onder die setlaars geëis het, moet hulle die dorp verlaat en keer eers later na die suksesvolle bestryding van die siekte weer terug. Dit was ook die tweede oudste dorp in die ou Transvaal-provinsie.[3][4]
Besienswaardighede
wysig'n Begraafplaas en die ruïnes van 'n fort uit die Voortrekkertydperk kan nog steeds besigtig word.
Die Eggogrotte is 35 km noord van Ohrigstad geleë. Die bekende Abel Erasmuspas is ook bereikbaar vanaf Ohrigstad op die pad na Hoedspruit.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 1 Januarie 2018.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 "Hoofplek Ohrigstad". Sensus 2011.
- ↑ Die Groot Trek Geargiveer 5 Maart 2007 op Wayback Machine, Die Groot Trek 1834 tot 1840 Deel 1 Geargiveer 17 April 2007 op Wayback Machine, Besoek 5 April 2007
- ↑ Zuid Afrikaansche Republiek (Eerste Republiek), Besoek op 6 April 2007
Eksterne skakels
wysig- Ohrigstad se tuisblad Geargiveer 28 September 2007 op Wayback Machine