Hardepeer

(Aangestuur vanaf Olinia ventosa)

Die hardepeer (Olinia ventosa) is 'n boom wat voorkom in woude by lae hoogtes bo seespieël in die Oos- en Wes-Kaap. Die boom groei vinnig. Die bas is liggrys, skilfer dikwels af naby die basis van die stam en onthul dan 'n pienk-oranje binnebas. Die vrug word rooi wanneer dit ryp is en is ongeveer 10 mm in deursnee. Die naam van die boom verwys na die hardheid van die hout en nie die vrug nie. Die hout is liggeel tot grysbruin, het 'n fyn grein en egalige tekstuur.

Hardepeer
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Myrtales
Familie: Penaeaceae
Genus: Olinia
Spesie:
O. ventosa
Binomiale naam
Olinia ventosa
(L.) Cufod., (1960)
Sinonieme
  • Canthium corymbosum D.Dietr.
  • Canthium ventosum (L.) S.Moore
  • Olinia cymosa (L.f.) Thunb.
  • Olinia cymosa var. latifolia Sond.
  • Plectronia floribunda Buchinger ex C.Krauss
  • Plectronia ventosa L.
  • Sideroxylon cymosum L.f.
Stam van 'n groot Hardepeer op Tafelberg.

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig