Ongewenste vreemdeling
Ongewenste Vreemdeling is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1974 vrygestel is. Die film is gebaseer op 'n radiovervolgverhaal van C.F. Beyers-Boshoff. Jans Rautenbach was die regisseur en Emil Nofal die vervaardiger. Dit is in Knysna en die Wilderness in die Wes-Kaap geskiet.
Ongewenste Vreemdeling | |
---|---|
Regisseur | Jans Rautenbach |
Produksieleier | Emil Nofal (vervaardiger) |
Draaiboek | C.F. Beyers-Boshoff (radiovervolg), Jans Rautenbach |
Met | Marie du Toit Sandra Kotzé Barry Trengove Dulcie van den Bergh Marius Weyers |
Ateljee | Monarch Films |
Uitgereik | 1974 |
Speeltyd | 105 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n romantiese drama. Dit dra 'n ouderdomsperk van 10 vir geweld.
Hoofrolspelers
wysig- Marie Tjaden Tromp as Matilda
- Marié du Toit as Eleen
- Sandra Kotzé as Lida
- Barry Trengove as Bergsma
- Dulcie van den Bergh as Tannie Ralie
- Marius Weyers as Gerhard Steenberg
- Sann de Lange
Storielyn
wysigGerhard Steenberg is moordenaar op parool. Hy reis na Duiwelsvallei, 'n plek waar selfs die duiwel lig moet loop. Hy meng in die eienaardige lewens van die Duiwelsvallei-mense in. Aanvanklik gaan dit goed, maar dan steek moord, jaloesie, bloedwraak en verraad kop uit. Gerhard raak verstrengel in 'n liefdesdriehoek. Selfs nie die selfmoord van sy meisie dryf die ongewenste vreemdeling uit die vallei nie. Slegs bloed, sy eie, dié van sy gewese vrou en sy beste vriend Bergsma, sal hom Duiwelsvallei laat verlaat.