Maak hoofkeuseskerm oop

Die Europese wielewaal is 'n voël en 'n redelik algemene tot skaars somerbesoeker aan Suid-Afrika.

Europese wielewaal
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Oriolidae
Genus: Oriolus
Spesie: O. oriolus
Binomiale naam
Oriolus oriolus
(Linnaeus, 1758)
Eiers van Oriolus oriolus

Inhoud

IdentifikasieWysig

Die mannetjie se swart vlerke onderskei hom van die Afrikaanse Wielewaal se mannetjie; die wyfies en jonges lyk eenders. Daar is altyd meer wyfies en jonges as mannetjies.

Die voël bereik 24 cm in lengte.

HabitatWysig

Hulle hou een-een in breëblaar-boomveld, gemengde bosveld, oewerbos en verskeie ander dig beboste habitats, insluitend uitheemse bome.

VerspreidingWysig

Kom yl versprei oor groot dele van die binneland voor.

GeluidWysig

Uiter 'n welluidende "wieela-wioee", wat selde gehoor word, asook die skor alarmroep van al die wielewale.

Ander nameWysig

Sien ookWysig