Hoedespeldlukwart
(Aangestuur vanaf Oxyanthus pyriformis)
Die hoedespeldlukwart (Oxyanthus pyriformis) is 'n plant wat as struik voorkom maar ook as 'n boom groei wat tot 10 m hoog word. Dit groei in die vogtige immergroenwoude van KwaZulu-Natal. Die spesie is ook inheems in Kenia, Mosambiek en Tanzanië. Die blomme is wit en aantreklik met buise van tot 7 cm lank. Die vrugte is sag en word tot 4 cm lank. Hulle is geel tot ligrooi wanneer hulle ryp is. Die boom se FSA-nommer is 696.2.[1]
Hoedespeldlukwart | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Rubiaceae |
Genus: | Oxyanthus |
Spesie: | O. pyriformis
|
Binomiale naam | |
Oxyanthus pyriformis (Hochst.) Skeels, (1912)
| |
Sinonieme | |
|
Subspesies
wysigDie spesie het vier subspesies:
- Oxyanthus pyriformis subsp. brevitubus Bridson
- Oxyanthus pyriformis subsp. longitubus Bridson
- Oxyanthus pyriformis subsp. pyriformis
- Oxyanthus pyriformis subsp. tanganyikensis Bridson
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online