Rubiaceae
Rubiaceae is die katjiepiering-familie wat hoort tot die orde Gentianales. Wêreldwyd hoort daar 13,000 spesies tot die familie waarvan 240 in Suider-Afrika voorkom en daarvan is 100 spesies bome. Die familie word oral in die warmer gedeeltes van die wêreld aangetref. Twee bekende spesies is: Cinchona calisaya van Suid-Amerika wat se kinien gebruik word vir handeling teen malaria en Coffea arabica van Ethiopië en Arabië wat vir kommersiële koffie verbou word.
Rubiaceae | |
---|---|
Luculia gratissima | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Rubiaceae Juss. |
Tipegenus | |
Rubia | |
Subfamilies | |
Boomspesies
wysigVan die spesies is:
- Bosdoringklipels (Canthium inerme)
- Boskatjiepiering (Gardenia thunbergia)
- Bosveldkatjiepiering (Gardenia volkensii)
- Bosveldwitklokke (Rothmannia fischeri)
- Breekhout (Alberta magna)
- Doringkatjiepiering (Hyperacanthus amoenus)
- Duinebruidsbos (Pavetta revoluta)
- Fluweelklipels (Canthium gilfillanii)
- Geelblomvoëlbessie (Psychotria capensis)
- Gladdeslapmispel (Lagynias lasiantha)
- Harpuiskatjiepiering (Gardenia resiniflua)
- Hoedespeldlukwart (Oxyanthus pyriformis)
- Kalahariwildemispel (Vangueria cyanescens)
- Klipels (Canthium mundianum)
- Kwar (Psydrax obovata)
- Mingerhout (Breonadia salicina)
- Poeierbaskatjiepiering (Gardenia ternifolia)
- Rooivoëlbessie (Psychotria zombamontana)
- Septemberklokkies (Rothmannia globosa)
- Treurbruidsbos (Pavetta lanceolata)
- Valsbruidsbos (Tarenna pavettoides)
- Valskatjiepiering (Rothmannia capensis)
- Valsmispel (Vangueriopsis lanciflora)
- Wildegranaat (Burchellia bubalina)
- Wildelukwart (Oxyanthus speciosus)
- Wildemispel (Vangueria infausta)
- Zoeloelukwart (Oxyanthus latifolius)
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Rubiaceae. |
Bron
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1