Poeierbaskatjiepiering
Die poeierbaskatjiepiering (Gardenia ternifolia) is 'n meerstammige struik of klein boompie wat voorkom in die noordooste van Limpopo tot ver noord in Afrika. Buite Suid-Afrika is die plant inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Poeierbaskatjiepiering | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. ternifolia
|
Binomiale naam | |
Gardenia ternifolia Schumach. & Thonn., (1827)
|
Die boom groei in ruigtes, bosveld, oewerbos of droë woud. Die bas is glad en poeierig en kan afvryf. Dit skilfer ook af, in ronderige stukkies.
Die spesie het drie subspesies:
- Gardenia ternifolia var. goetzei (Stapf & Hutch.) Verdc.
- Gardenia ternifolia subsp. jovis-tonantis (Welw.) Verdc.
- Gardenia ternifolia subsp. ternifolia
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Poeierbaskatjiepiering.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Poeierbaskatjiepiering