Vanderkloofdam
Die Vanderkloofdam (voorheen bekend as die P.K. le Rouxdam) is 130 km stroomaf van die Gariepdam in die Oranjerivier. Bouwerk aan die dam het begin gedurende April 1971 en die dam is in diens gestel in September 1977. Die dam het 'n bakmaat van 3 236 miljoen m3, die lengte van die wal is 765 m, die hoogte van die wal is 108 m (die hoogste in Suid-Afrika) en die oppervlakte van die dam is 13 874 ha wanneer dit vol is.[4][3]
Vanderkloofdam | |
---|---|
Reservaat rondom die Vanderkloofdam[1]
| |
Vorige naam | P.K. le Rouxdam |
Ligging | Tussen Noord-Kaap en Vrystaat |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 29°59′32″S 24°43′54″O / 29.99222°S 24.73167°O |
Dam in | Oranjerivier |
Doel | Opgaardam, Hidroëlektrisiteit |
Konstruksie begin | April 1971 |
Openingsdatum | September 1977 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Boog-gravitasiedam |
Hoogte van wal | 108 m[2] |
Lengte van wal | 765 m |
Bakmaat | 3 236 miljoen m3[3] |
Reservoir | Vanderkloofdam Reservoir |
Damoppervlak | 13 874 ha |
Aanlegoperateur | Eskom |
Turbines | 2 |
Geïnstalleerde kapasiteit | 240 MW |
Maksimumkapasiteit | 240 MW |
Brug dra | motorverkeer |
Die damwal is 'n gravitasie-boogtipe ontwerp en die wal bevat 1.1 miljoen m3 beton. Vier gravitasiesluise aan die linkerkant van die wal verseker dat tot 8 500 m3/s water vrygelaat kan word.
Die dam se hidroëlektriese vermoë is 240 MW en laat water vry teen 'n tempo van 400 m3/s wanneer dit in volle werking is. Die dam is deur die Departement van Waterwese gebou.
Die dam is ook deel van die Oranjerivierprojek.
Die dorpie Vanderkloof het ontstaan uit die kamp wat gebou is vir die mense wat betrokke was by die bou van die dam. Munisipale status is in 1980 aan Vanderkloof toegeken.
Galery
wysig-
Die dam gesien vanaf die regterkant
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vanderkloofdam.
- Vanderkloofdam webwerf Geargiveer 1 Junie 2020 op Wayback Machine
Verwysings
wysig- ↑ Foto deur Tinus Badenhorst geneem op 15 Nov 2008
- ↑ "Vanderkloof Dam" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 27 Mei 2009.
- ↑ 3,0 3,1 "Vanderkloofdam". Departement van Waterwese en Bosbou (Suid-Afrika). Besoek op 27 Mei 2009.
- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. p. 312. 1995. ISBN 1-86842-026-4