Parktown-Noord
Parktown-Noord is 'n voorstad suid van Sandton, in Johannesburg, Suid-Afrika.
Parktown-Noord | |
---|---|
Koördinate: 26°8′31″S 28°1′37″O / 26.14194°S 28.02694°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,72 km2 (0,66 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 857 |
• Digtheid | 2 242/km2 (5 810/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 68.6% |
• Indiërs/Asiërs | 2.5% |
• Bruin mense | 1.2% |
• Swart mense | 26.1% |
• Ander | 1.6% |
Taal (2011) | |
• Engels | 69.4% |
• Afrikaans | 9.3% |
• Zoeloe | 5.3% |
• Tswana | 2.9% |
• Ander | 13.2% |
Parktown-Noord is sowat 6 km noord van Johannesburg se stadsaal geleë. Saam met voorstede soos Parkview, Saxonwold, Parkwood, Forest Town en Rosebank vorm dit deel van 'n gebied wat voorheen 'n groot plantasie van bloekom- en dennebome was en noordwaarts tot by Parkhurst en selfs tot by Dunkeld gestrek het. Die bome is in 1888–'89 geplant, maar van 1905 tot 1910 afgekap om plek te maak vir nuwe voorstede. Parktown-Noord word van Rosebank geskei deur Jan Smutslaan.
Bron
wysig- (en) Potgieter, D.J. (ed.) 1973. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, volume 8. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Parktown-Noord". Sensus 2011.