Paul-Henri Nargeolet

Paul-Henri Nargeolet (2 Maart 1946 – 18 Junie 2023)[1](p1)[2][3]was 'n Franse diepsee-ontdekkingsreisiger en Titanic-kenner. Nargeolet het bekend gestaan as "Mnr. Titanic"[4] en was een van vyf mense wat aanboord die onderwatervaartuig Titan gesterf het toe dit op 18 Junie 2023 naby die wrak van die Titanic ingeplof het.[5]

Vroeë lewe

wysig

Nargeolet is op 2 Maart 1946 in Chamonix in die Franse département van Haute-Savoie gebore.[6]:1 Hy het vir 13 jaar in Casablanca, Marokko, gewoon[7] voordat hy na Parys verhuis het om sy studies op die ouderdom van 16 te voltooi.[8]

Loopbaan

wysig

Nargeolet het sy loopbaan in die Franse Vloot begin, waar hy as 'n offisier gespesialiseer het in mynopruiming, duik en dieponderwater-ingryping[6] Gedurende die 1970's is hy aangestel as bevelvoerder van die Groupement de Plongeurs Démineurs de Cherbourg, wie se missie was om ondergrondse myne te vind en te neutraliseer.[6]: 1 Gedurende die 1980's is hy oorgeplaas na die Undersea Intervention Group, waar hy intervensieduikbote geloods het.[6]:1 

Titan ekspedisie en dood

wysig

Op 18 Junie 2023 was Nargeolet aan boord van die Titan, 'n duikboot wat deur OceanGate besit word, op 'n ekspedisie om die Titanic wrak te besigtig. Die vaartuig het kontak met sy moederskip, MV Polar Prince verloor.[5] Soek-en-reddingsmissies het water- en lugsteun van die Verenigde State, Kanada en Frankryk behels. Meer as $6,5 miljoen is aan reddingspogings bestee.[9]

Op 22 Junie, na die ontdekking van 'n puinveld ongeveer 490 meter vanaf die boeg van die Titanic,[10] het OceanGate aangekondig dat hulle glo Nargeolet en die vier ander aan boord "ongelukkig verlore is."[11] 'n Perskonferensie van die Amerikaanse Kuswag het later bevestig dat die puin in ooreenstemming was met 'n katastrofiese verlies van die drukromp, wat gelei het tot die inploffing van die onderwatervoertuig.

Verwysings

wysig
  1. "Paul-Henri NARGEOLET Biography". Cité de la Mer (in Engels). Issuu.com. April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2023. Besoek op 21 Junie 2023.
  2. Samuel, Henry (20 Junie 2023). "'Mr Titanic': The diver who has spent more time at shipwreck than anyone". The Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2023. Besoek op 20 Junie 2023.
  3. "OceanGate says it believes individuals on missing sub "have sadly been lost"". CNN. 22 Junie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2023. Besoek op 22 Junie 2023.
  4. "L'océanaute Paul-Henri Nargeolet, « Monsieur Titanic »" [The oceanaut Paul-Henri Nargeolet, 'Mister Titanic']. Le Monde (in Frans). 20 Junie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2023. Besoek op 21 Junie 2023.
  5. 5,0 5,1 "What we know about the passengers on board missing Titanic submersible". Sky News (in Engels). 19 Junie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2023. Besoek op 20 Junie 2023.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 "Paul-Henri NARGEOLET Biography". Cité de la Mer (in Engels). Issuu.com. April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2023. Besoek op 21 Junie 2023.
  7. Cunin, Jean-Marie (15 April 2022). "PORTRAIT. Paul-Henri Nargeolet, l'amoureux du Titanic, sort son premier livre" [PROFILE. Paul-Henri Nargeolet, a lover of the Titanic, releases his first book]. Ouest-France (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2023. Besoek op 21 Junie 2023.
  8. "Paul-Henri (PH) Nargeolet". Experiential Media Group (in Engels (VSA)). 7 Oktober 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2023. Besoek op 21 Junie 2023.
  9. Henley, Jon (21 Junie 2023). "Titanic sub live updates: vessel may have less than 20 hours of oxygen left, says US Coast Guard, as search continues". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2023. Besoek op 21 Junie 2023.
  10. Chao-Fong, Léonie (22 Junie 2023). "Titan sub: crew have died after catastrophic loss of pressure – latest updates". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2023. Besoek op 22 Junie 2023.
  11. Regan, Helen; Renton, Adam; Picheta, Rob; Sangal, Aditi; Hammond, Elise; Meyer, Matt (22 Junie 2023). "Missing Titanic sub crew believed to be dead, tour company says". CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2023. Besoek op 22 Junie 2023.

Eksterne skakels

wysig