Pauridia canaliculata
plantspesie
Die geelpoublom (Pauridia canaliculata) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Pauridia behoort en is deel van die fynbos en Saldanha-strandveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Kaapstad tot by Darling voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 70 km² en word bedreig deur indringerplante en onwettige versameling van blomme deur handelaars.
Geelpoublom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Hypoxidaceae |
Genus: | Pauridia |
Spesie: | P. canaliculata
|
Binomiale naam | |
Pauridia canaliculata (Garside) Snijman & Kocyan, (2013)
| |
Sinonieme | |
|