Pauridia nana is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Pauridia behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom op die Bokkeveldeskarp op suidelike hellings voor. Daar het dit 'n voorkomsgebied van 450 km². Dit word nie bedreig deur die rooibostee bedryf nie omrede die grond waarop dit groei, nie geskik daarvoor is nie. Die plant word as seldsaam beskou.

Pauridia nana
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Orde: Asparagales
Familie: Hypoxidaceae
Genus: Pauridia
Spesie:
P. nana
Binomiale naam
Pauridia nana
Snijman (Snijman) & Kocyan, (2013)
Sinonieme
  • Spiloxene nana Snijman

Bronne

wysig