Pearson se aalwyn
plant spesie
Pearson se aalwyn (Aloe pearsonii) is 'n struik wat hoort tot die aalwynfamilie Asphodelaceae en blom regdeur die jaar, maar veral in Januarie en Februarie. Die blomme is dofblouerig van kleur en word rooi in tye van droogte. Die struik word tot 2 m hoog.
Pearson se aalwyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. pearsonii
|
Binomiale naam | |
Aloe pearsonii Schönland, 1911
|
In Engels staan die plant bekend as Pearson's aloe.
Habitat en bewaringstatus
wysigDie struik is inheems aan die Noord-Kaap en Namibië, dit kom voor in die Richtersveld weerskante van die Oranjerivier. Daar is 'n groot populasie by Helskloof.
Aloe pearsonii word as Minste Kommer geklassifiseer op die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut se Rooilys van Suid-Afrikaanse plante.[1]
Galery
wysigSien ook
wysigBronne
wysig- Sanbi se rooilys
- Pearson se aalwyn op PlantZAfrica.com
- Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies. ISBN 978 1 920217 01 3
- Plants of the World Online
Verwysings
wysig- ↑ Victor, J.E.; van Jaarsveld, E (2006). "Aloe pearsonii Schönland". National Assessment: Red List of South African Plants version 2013.1. (in Engels). Kirstenbosch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2020. Besoek op 17 Maart 2014.