Peelton
Peelton is 'n landelike nedersetting in die Oos-Kaap.
Ligging
wysigDit is geleë by 32° 46′ suid, 27° 29′ oos, 584 m bo seevlak, suidwes van Keiweg, noordoos van Bhisho, 16 km noordoos van King William’s Town en 60 km vanaf Oos-Londen.
Sendingstasie
wysigPeelton was 'n sendingstasie van die Londense Sendinggenootskap, gestig in 1848-1849 deur eerw. Richard Birt (* Bromsberrow, Gloucestershire, Mei 1812 - † Peelton, 20 Maart 1892). Hy is op Peelton begrawe.
Naam
wysigDie sendingpos was aanvanklik bekend as Birt’s Mission, maar later herdoop. Sir Robert Peel (* 5 Februarie 1788 – † 2 Julie 1850) was die Britse minister van binnelandse sake van 1822-1827 en 1828 tot 1830 en eerste minister van 1834 tot 1835 en 1841 tot 1846 vir die Konserwatiewe Party. Peel is die stigter van die Londense polisiemag en sedertdien staan ‘n Londense konstabel bekend as ‘n “bobby”, die Engelse noemnaam vir ‘n seun met die naam Robert.
Bekende inwoners
wysig- Walter Rubusana
- Tiyo Soga (* Mgwalirivier, Victoria-Oos, Tyhume, ±1829 – † by die Tutura, Butterworth, 12 Augustus 1871), Xhosa-sendeling, Bybelvertaler, eerste geordende swart predikant in Suid-Afrika
- Steve Vukile Tshwete (* Springs, 12 November 1938 – † Pretoria, 12 April 2002)
Bibliografie
wysig- artefacts.co.za
- sabc.news/sabcnews/peelton-an-e-cape-village-with-british-history