Butterworth
Butterworth (amptelik Gcuwa) is 'n dorp, 111 km noord van Oos-Londen in die Oos-Kaap, in Suid-Afrika. Dit is geleë op die N2 nasionale pad.
Butterworth Gcuwa | |
---|---|
Koördinate: 32°20′0″S 28°9′0″O / 32.33333°S 28.15000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Amathole |
Munisipaliteit | Mnquma |
Stigting | 1827 |
Oppervlak | |
• Totaal | 26,34 km2 (10,17 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 44 039 |
• Digtheid | 1 672/km2 (4 330/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 0.7% |
• Swart mense | 98.2% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 92.7% |
• Engels | 3.0% |
• Ander | 4.3% |
Poskode (strate) | 4960 |
Poskode (posbusse) | 4960 |
Skakelkode | 047 |
Geskiedenis
wysigButterworth is die oudste dorp in Transkei. Die dorp se bestaan kan teruggevoer word na 'n sendingstasie wat hier begin is in 1827 deur eerwaarde WJ Shrewsbury by die kraal van opperhoof Hintsa. Hintsa was die hoof van die AmaGcaleka. Die stasie is vernoem na Joseph Butterworth, tesourier van die Wesleyaanse Sendinggenootskap. Die stasie is in die Sesde Grensoorlog (1834) vernietig. In die Sewende Grensoorlog (1846) was dit die toneel van hewige gevegte. 'n Magistraat is in 1877 hier gevestig en die dorp is in 1880 uitgelê. Munisipale status is in 1904 toegeken.
Distrik
wysigIn die distrik van 684 km2 is die belangrikste landbou bedrywighede veeteelt en die verbouing van mielies. Die inheemse bevolking is hoofsaaklik Fingo's.
Sien ook
wysigBronne
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Butterworth". Sensus 2011.