Beeskaroo
Die beeskaroo[2] (Pentzia punctata Harv.) is 'n plant endemies aan Suid-Afrika. Dit kom veral in die suidelike Nama-Karoo in die provinsies Noord-, Oos- en Wes-Kaap voor en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.[3]
Beeskaroo | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Pentzia |
Spesie: | P. punctata
|
Binomiale naam | |
Pentzia punctata Harv.
| |
Sinonieme | |
|
Die plant is 'n veelvertakte spreidende struikie. Die blare word op 'n stingel gedra; hulle is donserig of onbehaard en het 2-3 pare pinnae.[4]
Navorsing op die Tafelberg naby Middelburg, Oos-Kaap (31°35′S 25°10′O / 31.583°S 25.167°O) het aangetoon dat die oop geel blommetjies van hierdie spesie die volopste besoek van bestuiwende insekte ontvang het. Hierdie streek lê in die somerreënvalgebied op 1150 tot 1649 m hoogte en ontvang ongeveer 341 mm reën per jaar. P. punctata is die volopste blom op die mesa se noordoostelike helling (80% van die waarnemings) en dit word deur 'n groot verskeidenheid insekte besoek.[5]
Die plant staan ook as die berggansie bekend.[6]
Verwysings
wysig- ↑ "Plant list" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
- ↑ ook: berggansie, beeskaroobossie of beesbossie. Daar is nogtans ander plante wat ook beesbossie genoem word.
- ↑ "SANBI" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
- ↑ Flora Capensis: Being a Systematic Description of the Plants of the Cape Colony, Caffraria, & Port Natal, Volume 3 William Henry Harvey, Otto Wilhelm Sonder Hodges, Smith, and Company, 1865, bls. 172
- ↑ Elevation gradients of flower visitation on a mesa in the Nama Karoo, South Africa Philip Kirk, Franci Gilbert Egyptian Journal of Biology, 11, 2009, bls. 84-90
- ↑ http://redlist.sanbi.org/species.php?species=3288-40
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir beeskaroo.