Phylica plumosa
Plantspesie
Die veerkoppie (Phylica plumosa) is 'n meerjarige, blomdraende struik wat deel is van die Rhamnaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom van Piketberg tot by die Kaapse Skiereiland, Montagu tot by Caledon voor en is deel van die fynbos. Die plant word 40 cm groot en blom van Mei tot Augustus. Die plant se blare is 10-15 mm lank.
Veerkoppie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rhamnaceae |
Genus: | Phylica |
Spesie: | P. plumosa
|
Binomiale naam | |
Phylica plumosa L., (1753)
|
Die plant het drie subspesies:
- Phylica plumosa var. horizontalis (Vent.) Sond.
- Phylica plumosa var. plumosa
- Phylica plumosa var. squarrosa (Vent.) Sond.