Plaasmoorde in Suid-Afrika
Die term plaasmoorde (Engels: South African farm attacks) verwys na moorde op plase, veral die moorde wat sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994 op Suid-Afrikaanse plase gepleeg word.
Omvang en aard
wysigVolgens beskikbare statistiek het daar tussen 1991 en 2001 6 122 plaasaanvalle plaasgevind wat tot 1 254 sterfgevalle gelei het.[1][2] Die getal sterfgevalle het in die volgende agt jaar meer as verdubbel tot 3 037.[3]
Plaasmoorde en die wreedaardige manier waarop dit uitgevoer word veroorsaak in beide Suid-Afrika en die buiteland[4][5] ontsteltenis. Van die slagoffers word gemartel en verkrag voordat hulle vermoor word. Ander plaasmoorde word soos ’n teregstelling uitgevoer.
Met die demokratisering van Suid-Afrika het van die wit gemeenskappe moontlik vir die eerste keer met die drastiese omvang van werkloosheid en armoede onder die meerderheid van Suid-Afrika se bevolking, en misdaad en geweld, wat moontlik daaruit voortspruit, in aanraking gekom.
Navorsing deur die Instituut vir Sekerheidstudies het bevind dat ’n boer se kans om vermoor te word, byna vier keer groter is as dié vir ’n gewone landsburger en twee keer so groot as dié van ’n polisielid.[6]
Die motiewe vir plaasaanvalle
wysigSwart en blanke boere is moontlik sagte teikens vir rowers. Daar word ook beweer dat die omstandighede van plaasmoorde waarby wit mense die slagoffers is, ook as gevolg van onderliggende rassespanning veroorsaak is. Daar blyk geen werklike rede vir die moor van slagoffers van plaasaanvalle te wees nie.[1] Volgens Moetsepe Matlala, voorsitter van die National African Farmers’ Union, verlaat wit én swart boere hul plase weens veiligheidsrisiko’s.[7]
Sommige Suid-Afrikaanse boere is egter onder die indruk dat plaasaanvalle en -moorde deur sekere elemente as ’n geskikte intimidasiemetode beskou word om boere van hulle plase te verdryf.
Daar word gevoel dat amptelike bewerings dat gewone roof die dryfkrag agter plaasaanvalle is nie verklaar waarom plaasaanvallers ná hulle rooftog in die plaashuis wag om die boer en sy gesin op ’n wreedaardige manier te vermoor nie. Plaasmoorde het sodoende ’n hoogs emosionele saak geword wat in sommige kringe as doelbewuste volksmoord beskou word.[8]
Volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, dui navorsing egter daarop dat plaasaanvalle eerder misdaadgerig is. Die blote afgesonderdheid van plase en swak infrastruktuur soos slegte paaie maak van boeregemeenskappe sagte teikens wat nie maklik deur die polisie beveilig kan word nie. Rassisme en onverantwoordelike politieke uitlatings dra egter ook daartoe by dat ’n klimaat van brutaliteit in plattelandse gemeenskappe geskep word. Die invloed van drank en dwelms speel moontlik ook ’n rol, net soos swak ekonomiese omstandighede en werkloosheid.[verwysing benodig]
Die aanvalle word soms openlik deur politieke persoonlikhede, soos staatsleiers, tydens publieke geleenthede aangemoedig deur die sing van “struggle”-liedjies wat die dood van boere aanhits. Voorbeelde hiervan is Nelson Mandela,[9] Jacob Zuma[10] en Julius Malema.[11]
Prioritisering van plaasmoorde
wysigVroeg in Mei 2016 het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, tydens ’n mediakonferensie bevestig dat plaasmoorde deur die SAPD as prioriteitsmisdaad gehanteer sal word.[12] Die polisie hou nie doelgerig statistiek oor plaasmoorde nie, en die getalle deur hulle verskaf verskil wawyd van die wat byvoorbeeld deur Afriforum opgestel word.[13]
Sien ook
wysig- Treurgrond, rolprent oor plaasmoorde in Suid-Afrika.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Report of the Committee of Inquiry into Farm Attacks" (PDF) (in Engels). 31 Julie 2003. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2017.
- ↑ Burger, Johan (17 Oktober 2012). "Farm Attacks and Farm Murders Remain a Concern" (in Engels). Instituut vir Sekerheidstudies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 4 Mei 2016.
- ↑ Stuijt, Adriana (17 Februarie 2009). "Two more S.African farmers killed: death toll now at 3,037" (in Engels). Digital Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 4 Mei 2016.
- ↑ "Nederlander slachtoffer van roofmoord in Zuid-Afrika" (in Nederlands). NOS.nl. 10 April 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 30 April 2017.
- ↑ Chung, Frank (25 Maart 2017). "'Bury them alive!': White South Africans fear for their future as horrific farm attacks escalate" (in Engels). news.com.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2020. Besoek op 30 April 2017.
- ↑ "Plaasmoorde: Dié wat agterbly". Netwerk24.com. 9 Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2019. Besoek op 5 Mei 2016.
- ↑ Die Netwerk24-span (6 Oktober 2014). "Plaasmoorde: Geen prioriteit of plan?". Netwerk24.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2019. Besoek op 5 Mei 2016.
- ↑ Netwerk24.com, 9 Oktober 2014
- ↑ Mandela praat met verslaggewers na die sing van ’n wraaklied teen blankes. op YouTube
- ↑ Jacob Zuma sing “Kill the Boer” in Bloemfontein. op YouTube
- ↑ Julius Malema moedig ondersteuners aan om Boere dood te maak op YouTube
- ↑ Wyrley-Birch, Jhua-nine (4 Mei 2016). "Uiteindelike deurbraak om plaasmoorde te prioritiseer". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 4 Mei 2016.
- ↑ "Feitelik verkeerde polisiestatistieke oor plaasmoorde laat ernstige vrae ontstaan". Mediaverklarings. afriforum.co.za. Afriforum. 18 Augustus 2023. Besoek op 18 September 2023.
Verdere leesstof
wysig- 80 Farmmorde in sieben Monaten, in: Afrika Süd – Zeitschrift zum südlichen Afrika, No. 6 (2004), uitgegee deur Informationsstelle Südliches Afrika, Bonn, Duitsland
- Mike Morris: The Development of Capitalism in South African Agriculture: Class-Struggle in the Countryside, in: Economy and Society (Londen), Vol. 5, No. 3 (1976)
- Christian Soest: Anspruch und Wirklichkeit der südafrikanischen Landreform 1994–2001. In: Arbeitspapiere zu Problemen der Internationalen Politik und der Entwicklungsländerforschung. Nr. 33/2002. München 2002: Forschungsstelle am Geschwister-Scholl-Institut für Politische Wissenschaft der Ludwig-Maximilians-Universität München
- du Toit, Philip (2004). The Great South African Land Scandal. Centurion: Legacy Publications.
Eksterne skakels
wysig- AfriForum se verslag oor Plaasaanvalle en Plaasmoorde in Suid-Afrika[dooie skakel]
- Nuusstorie (Junie 2002): “White Afrikaner Farmers Under Siege” Geargiveer 17 Februarie 2007 op Wayback Machine
- Sky News-nuusberig oor plaasmoorde in Suid-Afrika
- AfriForum: Gesprek oor plaasmoorde met Steve Hofmeyr en Rian van der Walt op YouTube
- Genocide Watch: South Africa Geargiveer 9 Oktober 2013 op Wayback Machine