Grysstrandkiewiet
(Aangestuur vanaf Pluvialis squatarola)
Die grysstrandkiewiet (Pluvialis squatarola) is 'n waadvoël en algemene somerbesoeker aan Suider-Afrika se oop kuslyn en kuswatermere. Dit is 'n langafstand-trekvoël wat buite die broeityd bykans wêreldwyd aan kuslyne aangetref word. Die voël word 27 tot 31 cm groot en weeg 180 tot 300 gram. Dit het 'n vlerkspan van 76 cm. Die Suider-Afrikaanse streekbevolking is ongeveer 25 000 voëls. In Engels staan dit as die grey plover bekend.
Grysstrandkiewiet | |
---|---|
Volwassene in sy broeivere | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. squatarola
|
Binomiale naam | |
Pluvialis squatarola (Linnaeus, 1758)
| |
Broeibesoeker (toendra) Deurgangsgebiede (Noord-Amerika) Nie-broeiende besoeker (oorwegend kontinentale kuslyne) |
Fotogalery
wysig-
'n Grysstrandkiewiet in winterdrag
-
Die rugkant in vlug
-
In vlug is die swart okselvere opvallend
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Pluvialis squatarola. |
Bron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2012). "Pluvialis squatarola". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)