Populus deltoides
Die vuurhoutjiepopulier (Populus deltoides) is 'n boom wat deel is van die Salicaceae familie. Die plant is endemies aan Amerika, Kanada en Meksiko.
Vuurhoutjiepopulier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Salicaceae |
Genus: | Populus |
Spesie: | P. deltoides
|
Binomiale naam | |
Populus deltoides W.Bartram ex Marshall, (1785)
| |
Verspreidings-kaart |
Hierdie spesie se hout word gebruik om vuurhoutjies van te vervaardig, wat sy naam verklaar. Die boom is nie inheems aan Suid-Afrika nie maar die subspesie P. d. deltoides is ingevoer vanweë sy hout, en is nou langs die water in alle provinsies ingeburger.[1]
Subspesies
wysigDie spesie het drie subspesies:
- Populus deltoides subsp. deltoides
- Populus deltoides subsp. monilifera (Aiton) Eckenw.
- Populus deltoides subsp. wislizeni (S.Watson) Eckenw.
Verwysings
wysig- ↑ Hamish Robertson. "Populus deltoides (Match poplar, Cottonwood, Necklace poplar)". Iziko.