Port Durnford

‘n nedersetting en bosboustasie in KwaZulu-Natal

Port Durnford is teenswoordig ‘n nedersetting en bosboustasie in KwaZulu-Natal.

Ligging

wysig

Dit lê by die mond van die Umlalazirivier, naby die dorpie eSikhawini en die vuurtoring, 19 km suid van Empangeni en suidwes van Richardsbaai. In die direkte omgewing is die Umlalazi-natuurreservaat en die Mtunzini-tolhek op die N2-nasionale pad.

Landingsplek

wysig

Dit is nie ‘n hawe nie, maar bloot ‘n goeie beskutte landingsplek op die strand. Tydens die Anglo-Zoeloeoorlog van 1879 het die skip HMS Forester hier uit die branders gekom om soldate en oorlogsmateriaal te los vir lord Chelmsford se oorlogspoging.

Gedenksteen

wysig

Die baken by Port Durnford dui die plek aan waar koning Cetshwayo op 4 September 1879 as krygsgevangene na Kaapstad vertrek het. Na sy ballingskap het hy op 10 Januarie 1883 ook weer hier teruggekeer.

Onsekerheid bestaan oor die herkoms van die naam Port Durnford. Blykbaar was ‘n matroos genaamd Durnford in 1822 deel van die ekspedisie van die twee skepe Leven en Barracouta onder kapt. W.F. Owen wat die kusgebied hier verken het. ‘n Ander moontlikheid is dat dit die naam dra van ‘n kapt. Durnford wat met ‘n 100 man na Algoabaai gestuur is om kapt. Harry Smith wat deur die Boere in 1842 beleër is, te help.

Bibliografie

wysig