Port Louis
Port Louis is die hoofstad, grootste stad en grootste hawe in die eilande-nasie van Mauritius. Dit is geleë in die Port Louis-distrik, en die westelike deel lê ook in die Rivière Noire-distrik. Dit is die hoofstad van Mauritius en word geadministreer deur die Munisipale Stadsraad van Port Louis.
Port Louis | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Mauritius |
Koördinate | 20°10′S 57°30′O / 20.167°S 57.500°O |
Stigting | 1735 |
Vernoem na | Louis XV |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 46.7 vk km |
Hoogte bo seevlak | 134 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 148001 |
- Bevolkingsdigtheid | 3169/vk km |
Etniese groepe: | |
- Indiërs | ~75% |
- Swartes | ~24% |
- Chinese | >1% |
Tydsone | MUT (+4) |
- Somertyd | Geen |
Burgemeester (party) | Fritz Thomas |
Amptelike webwerf | mpl.intnet.mu/home.htm |
Die stad is die land se ekonomiese, kulturele en politieke sentrum. Volgens Statistiek Mauritius se sensus in 2012 het die bevolking 148 001 getel.
Port Louis is die tuiste van die grootste hawe van die land, wat die enigste amptelike hawe vir in- en uitgang is vir seevaartuie in Mauritius. Skepe moet goedkeuring verkry vir toegang tot die hawe voordat hulle enige ander ankerplek in die eilandnasie besoek.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "Mauritius Ports Authority - Harvesting Resources under the Blue Economy". Mauport.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2020. Besoek op 9 Julie 2020.