Pous Anastasius III
Anastasius III was die 120ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Die pous word soms verwar met Teenpous Anastasius III.
Pous Anastasius III | |
---|---|
Pontifikaat begin | Junie 911 |
Pontifikaat eindig | Augustus 913 |
Voorganger | Sergius III |
Opvolger | Lando |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | Augustus 913 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Anastasius |
Biografie
wysigPous Anastasius III is gebore in Rome, Italië die seun van Lucianus. In Junie 911 volg hy Pous Sergius III op en regeer tot sy dood in Augustus 913. Hy word opgevolg deur Pous Lando. Die naam ‘Anastasius’ beteken 'heropgestane'.
Pontifikaat
wysigTwyfelagtige bronne beweer dat Pous Anastasius III die buite-egtelike seun van sy voorganger Pous Sergius III was, maar dit is waarskynlik 'n verwarring met Pous Johannes XI. Anastasius se pontifikaat is oorheers deur die invloed van Theophylactus[1] en sy vrou Theodora.
Howel die Goeie, koning van Wallis, besoek die pous om sy advies te vra oor die opstel van 'n wetboek vir die Kelte. Die pous stel ook die kerklike indeling van Duitsland vas. Die Noormanne van Rollo word tydens sy bewind gekersten. Hy word in Junie 913 vermoor.
Bibliografie
wysig- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
wysig- ↑ "Anastasius III." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 19 Mei 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9007376[dooie skakel]>.
Eksterne skakels
wysig- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Sergius III |
Pous (Pontifex Maximus) 911 – 913 |
Opgevolg deur Lando |