Pous Lucius I
Lucius I was die 22ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Lucius I | |
---|---|
Geboortenaam | Lucius |
Pontifikaat begin | 25 Junie 253 |
Pontifikaat eindig | 5 Maart 254 |
Voorganger | Cornelius |
Opvolger | Stefanus I |
Gebore | ±200 Rome, Italië |
Sterf | 5 Maart 254 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Lucius |
Biografie
wysigPous Lucius I is in Rome gebore en sy pa se naam was Porfirian. Op 25 Junie 253 volg hy Pous Cornelius op en word op 5 Maart 254 opgevolg deur Pous Stefanus I. Die naam Lucius beteken "ligbringer".
Pontifikaat
wysigKort na sy verkiesing word hy uit Rome verban deur keiser Trebonianus Gallus, maar kry toestemming om terug te keer. Hy het saamblyery van ongetroudes afgekeur. Tydens sy pontifikaat het die Christene baie swaar gekry en moes alles insit om te oorleef. Cyprianus noem hom in verskeie briewe as synde in ooreenstemming met sy voorganger Pous Cornelius oor die hertoelating van berouvolle sondaars.
Verering
wysigLucius word as martelaar en heilige vereer. Sy gedenkdag is op 4 Maart en hy is heiligverklaar op 25 Augustus. Sy grafsteen kan gesien word in die Callixtus katakombe. Sy relieke is word bewaar in Santa Maria kerk in Trastevere, saam met die van Sint Cecilia. Sy kop word bewaar in die reliekskryn van die Sint Ansgar katedraal in Kopenhagen nadat dit eers in Roskilde gehuisves was. In die jaar 1100 of daaromtrent word hy uitgeroep as die beskermheilige van die Deense provinsie Seeland. Dit is een van die min relieke in Denemarke wat die Hervorming oorleef het.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Lucius I. |
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
Nota
wysigSaamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Cornelius |
Biskop van Rome 253 – 254 |
Opgevolg deur Stefanus I |