Pous Stefanus I
Stefanus I was die 23ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Stefanus I | |
---|---|
Geboortenaam | Stefanus |
Pontifikaat begin | 12 Mei 254 |
Pontifikaat eindig | 2 Augustus 257 |
Voorganger | Lucius I |
Opvolger | Sixtus II |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 2 Augustus 257 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Stefanus |
Sint Pous Stefanus I | |
---|---|
Gebore | Rome, Italië |
Sterfte | 2 Augustus 257, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk Oosters-Ortodokse Kerk |
Pelgrimsoord | Domkerk van Speyer, Duitsland |
Feesdag | 2 Augustus (Rooms-Katolieke Kerk) 3 Augustus (Oosters-Ortodokse Kerk) |
Attribute | Rooi klere, palm, pouslike tiara en pastorale |
Beskermheilige | Hvar en Bisdom van Hvar, Aartsbisdom van Esztergom-Boedapest, Katedraal van Modigliana |
Biografie
wysigPous Stefanus I was 'n gebore Romein van Griekse afkoms. Hy was Pous Lucius I se aartsdeken en is deur hom as opvolger aangestel. Op 12 Mei 254 volg hy Pous Lucius I op en word op 30 Augustus 257 opgevolg deur Pous Sixtus II. Die naam ‘Stefanus’ beteken “gekroonde” (uit Grieks).
Pontifikaat
wysigTydens Stefanus I se pontifikaat was daar groot druk op die Kerk sowel van binne as van buite. Onder die vervolgings van keiser Decius het baie Christene hulle geloof versaak. Dit het gelei tot 'n diskussie binne die kerk of hulle weer tot die kerk toegelaat kan word. Daar is ook met Cyprianus gestry of sulke mense weer gedoop moes word. Stefanus het besluit dat herdoop nie verpligtend is nie. Dit het gelei tot die ekskommunikasie van Cyprianus en byna tot 'n breuk met die Kerk in Afrika en die Ooste.
Ook die hernude instelling van die biskoppe van Léon en Astorga het tot konflik gelei. Hulle het hulle geloof uit veiligheidsoorwegings versaak, maar wou later terugkeer. Stefanus was glo ten gunste van hulle heraanstelling, hoewel die teenoorgestelde ook beweer word.
Stefanus het die onverbreekbaarheid van die eg verdedig en die gebruik van verloofringe ingevoer.
Verering
wysigStefanus word as heilige en martelaar vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 2 Augustus. Stefanus het gesterf deur onthoofding (legendaries). Sy kop word in Speyer (Duitsland) as reliek vereer. Stefanus is die beskermheilige van Hvar.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Stephanus I. |
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
Nota
wysigSaamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Lucius I |
Biskop van Rome 254 – 257 |
Opgevolg deur Sixtus II |