President van Tanzanië
Die President van die Verenigde Republiek Tanzanië (Engels: President of the United Republic of Tanzania; Swahili: Rais wa Jamhuri ya Muungano wa Tanzania) is beide die staats- en regeringshoof van Tanzanië. Die president lei die uitvoerende tak van die Tanzaniese regering en is ook die opperbevelvoerder van die Tanzaniese weermag. Die president se amptelike woning is by Ikulu, Dar-es-Salaam. Na die vrou van die president word verwys as die eerste vrou van Tanzanië.
Presidente van Tanzanië sedert 1964
wysig- Partye
Tanganyika African National Union (TANU)
Chama Cha Mapinduzi (CCM)
- Simbole
- † in amp oorlede
# | Portret | Naam (Geboorte-dood) |
Verkies | Ampstermyn | Party | Eerste minister(s) | |
---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Julius Nyerere (1922–1999) |
1965 1970 1975 |
1 November 1964 | 5 November 1985 | TANU (tot 1977) |
Kawawa | |
1980 | CCM | Kawawa Sokoine Msuya Sokoine Salim | |||||
2 | Ali Hassan Mwinyi (1925–2024) |
1985 1990 |
5 November 1985 | 23 November 1995 | CCM | Warioba Malecela Msuya | |
3 | Benjamin Mkapa (1938–2020) |
1995 2000 |
23 November 1995 | 21 Desember 2005 | CCM | Msuya Sumaye | |
4 | Jakaya Kikwete (* 1950) |
2005 2010 |
21 Desember 2005 | 5 November 2015 | CCM | Sumaye Lowassa Pinda | |
5 | John Magufuli (1959–2021) |
2015 2020 |
5 November 2015 | 17 Maart 2021† | CCM | Majaliwa | |
6 | Samia Suluhu (* 1960) |
— | 19 Maart 2021[1] | Ampsbekleër | CCM |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Tanzania swears in Samia Suluhu Hassan as first female president". The Guardian. Reuters. 19 Maart 2021. Besoek op 19 Maart 2021.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie President van Tanzanië.