Prezzo (restaurantketting)
Prezzo ("prys" in Italiaans) is 'n Britse restaurantketting met eetplekke in die Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland wat in Milaans-geïnspireerde Italiaanse kookkuns[1] spesialiseer. Die ketting se eerste restaurant is in November 2000 in Oxford Street, Londen geopen. Tans is daar meer as 180 Prezzo-restaurante dwarsoor die Verenigde Koninkryk.
Prezzo | |
Tipe | Privaat maatskappy |
---|---|
Gestig | 2000 in Londen, Engeland |
Hoofkantoor | Woodford Green, Groter Londen, Verenigde Koninkryk |
Sleutelpersone | Karen Jones (uitvoerende voorsitter) |
Gebied bedien | Verenigde Koninkryk, Ierland |
Industrie | Restaurantgroep |
Produkte | Restaurante |
Inkomste | £59,6 miljoen (FJ 2011) |
Bedryfsinkomste | £7,3 miljoen (FJ 2011) |
Werknemers | 4 500 |
Moedermaatskappy | Prezzo Holdings (TPG Capital) |
Slagspreuk | Take a fresh look... |
Webwerf | prezzorestaurants.co.uk |
Prezzo is in besit van die houermaatskappy Prezzo Holdings wat op sy beurt gedeeltelik deur TPG Capital besit word - 'n onderneming wat ook restaurante onder die handelsmerke Chimichanga, Caffe Uno, MEXIco en Cleaver bedryf. In 2018 het Prezzo planne bekend gemaak om 94 niewinsgewende restaurante te sluit (waarvan sommige onder die Tex-Mex Chichimanga's-handelsmerk bedryf word) nadat die groep in finansiële moeilikhede beland het. Hieruit sal die verlies van sowat 500 werkgeleenthede volg.[2][3]
Prezzo is net een van 'n reeks Italiaans-geïnspireerde restaurantkettings in die Verenigde Koninkryk. Sy hoofmededingers sluit Ask, Pizza Express en Strada in.
Verwysings
wysig- ↑ prezzorestaurants.co.uk: Spirit of Milan Prezzo. Allow us to Reintroduce ourselves. Besoek op 19 Desember 2018[dooie skakel]
- ↑ The Sun, 24 Maart 2018: CHAIN REACTION | Which Prezzo restaurants are closing? Full list of UK branches set to shut down. Besoek op 19 Desember 2018
- ↑ BBC News, 2 Maart 2018: Prezzo to close 94 restaurants in rescue bid. Besoek op 19 Desember 2018