Priti Patel
Priti Sushil Patel (gebore 29 Maart 1972) is 'n Britse politikus van die Konserwatiewe Party wat van 24 Julie 2019 tot 6 September 2022 die amp van minister van Binnelandse Sake van die Verenigde Koninkryk beklee het. Ideologies word Priti Patel by die Konserwatiewe Party se regtervleuel gereken. Sy is as dogter van Indiese immigrante uit Uganda in Londen gebore. Haar ouers het Uganda in 1972 verlaat kort voordat diktator Idi Amin die meeste Asiatiese bewoners uit die land gedryf het. Patel het aan die Keel-universiteit en aan die Universiteit van Essex gestudeer.
Priti Patel | |
Minister van binnelandse sake
| |
Ampstermyn 24 Julie 2019 – 6 September 2022 | |
Eerste minister | Boris Johnson |
---|---|
Voorafgegaan deur | Sajid Javid |
Opgevolg deur | Suella Braverman |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Priti Sushil Patel 29 Maart 1972 Londen, Engeland |
Politieke party | Konserwatiewe Party |
Omstredenheid
wysigIn 2012 het Patel saam met vier ander afgevaardigdes in die Britse Laerhuis, na wie as "young guns" verwys is, opslae gemaak nadat sy Britse werkers van luiheid beskuldig en beweer het dat "die Verenigde Koninkryk luiheid nog beloon".[1]
Die gesiene Britse dagblad The Guardian het Priti Patel gedurende haar ampstermyn as minister in 2017 as onbevoeg beskryf, net soos Boris Johnson.[2] Op 8 November 2017 het Priti Patel as minister van internasionale ontwikkeling bedank nadat sy ongemagtigde gesprekke met Israeliese regeringslede en sakelui gevoer en aanvanklik nie die waarheid aangaande hierdie kontakte teenoor die destydse eerste minister Theresa May erken het nie.[3]
Verwysings
wysig- ↑ The Indian Express, 18 Augustus 2012: UK 'rewards laziness', claim Indian-origin MP and 4 others. Besoek op 24 Julie 2019
- ↑ The Guardian, 7 November 2017: The Guardian view on Boris Johnson and Priti Patel: incompetent, insubordinate and still in office. Editorial. Besoek op 24 Julie 2019
- ↑ The Guardian, 8 November 2017: Priti Patel forced to resign over unofficial meetings with Israelis. Besoek op 24 Julie 2019