Lippeblomsuikerbos

plantspesie
(Aangestuur vanaf Protea subvestita)

Die lippeblomsuikerbos (Protea subvestita) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is inheems aan Suid-Afrika en kom voor op die eskarp van die Wakkerstroom in Mpumalanga, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Lesotho, die Oos-Kaap (tot by Somerset-Oos) en die Klein Swartberg. Die struik is groot en regop, word tot 5 m hoog en blom hoofsaaklik van Januarie tot Maart.

Lippeblomsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. subvestita
Binomiale naam
Protea subvestita
N.E.Br., 1901
Sinonieme
  • Protea orientalis Sim

Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en vrygelaat na dit ryp geword het en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op bergland suurveld en fynbos op hoogtes van 1 200 tot 2 300 m.

In Engels staan dit as die waterlily sugarbush bekend. Die plant se FSA-nommer is 98.[1]

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig

Verwysings

wysig

Eksterne skakels

wysig