Heuningkoeksuikerbos

(Aangestuur vanaf Protea sulphurea)

Die heuningkoeksuikerbos (Protea sulphurea) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die plant is endemies aan Suid-Afrika, dit kom voor vanaf die Hexrivierberge tot die Swartberg en Waboomsberge en is deel van die fynbos-bioom. Die struik is laag en dig en word slegs 50 cm hoog en blom hoofsaaklik van April tot Augustus.

Heuningkoeksuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. sulphurea
Binomiale naam
Protea sulphurea
E.Phillips, {1910)

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in droë, sandsteengrond op hoogtes van 1 000 - 1 550 m bo seevlak.

In Engels staan dit as die Sulphur sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronne

wysig