Koedoebessie
Die koedoebessie (Pseudolachnostylis maprouneifolia) is 'n boom wat voorkom in die oostelike gedeelte van Limpopo en Mpumalanga. In die Krugerwildtuin word dit byna eksklusief op klipperige rante in die Lebomboberge noordwaarts van die Olifantsrivier aangetref, asook op koppies en rotsriwwe in die Punda Maria-gebied.[1] 'n Paar eksemplare word ook tussen Letaba-ruskamp en Phalaborwa gevind. Daar is net een spesie in die takson, dit is dus 'n monotipiese takson.[2]
Koedoebessie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Phyllanthaceae |
Genus: | Pseudolachnostylis |
Spesie: | P. maprouneifolia
|
Binomiale naam | |
Pseudolachnostylis maprouneifolia Pax, (1899)
|
Verspreiding
wysigDie boom is ook inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Identifikasie
wysigDie boom is middelgroot en groei in bosveld en op rotsrante op koppies. Die boom is opmerklik wanneer hy pragtige herfskleure kry. Die vrugte is dun en vlesig, ongeveer 2 cm in deursnee en liggeel wanneer dit volwasse is. Die groenerige wit blomme in onopvallend. Manlike en vroulike blomme word aan verskillende bome gedra. Die boom kry sy naam van koedoes, duikers en olifante wat graag van die blare en vrugte vreet.
Infraspesies
wysigDie spesie het vier infraspesies:
- Pseudolachnostylis maprouneifolia var. dekindtii (Pax) Radcl.-Sm.
- Pseudolachnostylis maprouneifolia var. glabra (Pax) Brenan
- Pseudolachnostylis maprouneifolia var. maprouneifolia
- Pseudolachnostylis maprouneifolia var. polygyna (Pax & K.Hoffm.) Radcl.-Sm.
Galery
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 121. ISBN 978-1-77007-759-1.
- ↑ Plants of the World
- ↑ Treetags
Bronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8