Pula
- Hierdie artikel handel oor die hawestad in Kroasië. Vir Botswana se geldeenheid sien Botswana pula.
Pula (Italiaans: Pola) is 'n hawestad in die weste van Kroasië langs die Middellandse See. Tot en met 1797 was die stad 'n Venesiaanse besitting en het daarna onder Habsburgs-Oostenrykse bewind gekom. In 1918, ná die Eerste Wêreldoorlog, is Pula weer by Italië ingelyf. Ná die Tweede Wêreldoorlog is die stad by Joego-Slawië ingelyf. Sedert 1991 is die stad in Kroasië geleë nadat dié land sy onafhanklikheid verkry het. In 1946 was nog 90% van die bewoners etniese Italianers, maar die meeste van hulle het na Italië geëmigreer.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Kroasië |
Provinsie | Istrië |
Koördinate | 44°52′N 13°51′O / 44.867°N 13.850°O |
Stigting | 45 v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 51,65 vk km |
Hoogte bo seevlak | 30 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2019) | 57 460 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 100/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Boris Miletić (IDS) |
Amptelike webwerf | pula.hr Geargiveer 8 Maart 2017 op Wayback Machine |
Ekonomie
wysigSkeepsbou is die belangrikste industrie en Pula is die tuiste van Uljanik en Tehnomont, twee groot skeepsbouwerwe.
Toerisme
wysigToerisme vorm 'n baie belangrike deel van die ekonomie: die stad het baie ou Romeinse geboue en 'n warm klimaat met 'n groot strand.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pula.
- (en) Toerisme-inligting oor Pula op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf van Pula Geargiveer 8 Maart 2017 op Wayback Machine
- (en) "Pula". Encyclopædia Britannica. Besoek op 26 Maart 2020.